Afrika-elftal pak WB-kampioene
2011-01-11 12:06
Johannesburg - 'n Afrika-elftal sokkerspan gaan binnekort teen 2010 se Wêreldbeker-kampioene Spanje, in Suid-Afrika speel, berig die Sowetan.
Minister van sport, Fikile Mbalula, wat die aankondiging Maandag tydens 'n strategiese beplanningsessie gemaak het, het gesê die kragmeting is bedoel om dankie te sê aan almal wat verantwoordelik was vir 'n suksesvolle Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika.
Geen datum of plek is nog vir die wedstryd bevestig nie.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24