Afgedankte Bafana-breier sal miljoene kry
2012-06-06 08:45
Johannesburg – Pitso Mosimane, voormalige breier van Bafana Bafana, sal 'n goue handdruk van R5 miljoen van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) ontvang ná hy in die pad gesteek is, het The New Age Dinsdag berig.
Safa het Mosimane se vier jaar lange kontrak, wat na berig word sowat R1 miljoen per maand werd is, Maandagaand beëindig.
Mosimane het nog twee jaar op sy kontrak oorgehad, wat hom potensieel nog R24 miljoen in die sak kon bring.
Die besluit is egter tydens 'n vergadering van Safa geneem om nie die volle bedrag aan hom uit te betaal nie, en Robin Peterson, uitvoerende hoof, is na die span se oefenkamp in Rustenburg gestuur om Mosimane daarvan in kennis gestel.
“Hy sal nie meer as vyf maande se salaris ontvang nie,” het 'n bron in die vereniging gesê.
Intussen het die nuwe (tussentydse) Bafana-breier, Steve Komphela, vir geduld gevra terwyl die span hulle Sokkerwêreldbeker-veldtog op dreef kry.
– Lees hier meer.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.