Aaron Mokoena in Engeland vereer

2010-10-29 08:05
Tweets Share Share line Print


Abu Dhabi - Bafana Bafana het weliswaar met weinig meer as trots uit die onlangse Wêreldbeker getree, en tog is twee van hul helde in die toernooi Donderdag beloon.

Aaron Mokoena, die Suid-Afrikaanse kaptein en die land se mees ervare speler nóg, sal eersdaags ’n ereburger van Londen word, terwyl sy spanmaat Bongani Khumalo pas ’n kontrak met die Engelse spogklub Tottenham Hotspur onderteken het.

Bafana het ’n geskiedkundige plek in die tweede ronde van dié skouspel in Junie net-net misgeloop nadat hulle ’n voormalige wêreldkampioen, Frankryk, in die groepwedstryd met 2-1 geklop het.

Mokoena, wat die afgelope paar jaar ook kaptein is van Portsmouth, sal op 10 November tydens ’n glansgeleentheid die Vryheid van die Engelse hoofstad ontvang vir sy bydrae tot sokker in dié land, asook sy liefdadigheidswerk in Suid-Afrika en Londen met die Aaron Mokoena-stigting.

“Dis ’n trotse dag vir Aaron én Suid-Afrikaanse sokker,” het Pitso Mosimane, die Bafana-afrigter, gister gesê.

“Hy is ’n wonderlike ambassadeur vir die land en hopelik spoor dit ander Suid-Afrikaanse spelers aan om in sy voetspore te volg. Hy het gewys dat, as jy hard werk, jy enigiets kan vermag.”

Khumalo, wat reeds as ’n moontlike opvolger vir Mokoena geïdentifiseer is, was hoog op die inkopielys van verskeie Europese klubspanne sedert sy uithalervertonings in die Suid-Afrikaners se laaste vesting in WB 2010.

Dié SuperSport United-kaptein sal hom na verwagting in Januarie by Spurs aansluit en volgens Mosimane is dit nie ’n oomblik te vroeg nie.

“Dis hoogtyd dat Bongani deur ’n klub soos Spurs opgeraap word, want hy het die afgelope paar seisoene ongelooflik gegroei as ’n speler en mens.”

“Dié skuif sal hom en Suid-Afrikaanse sokker baie goed doen en aan hom die geleentheid gee om saam met ons ander oorsese spelers soos Steven Pienaar, Kagiso Dikgacoi en MacBeth Sibaya in die voorste kompetisies in die wêreld te speel.”

Bafana sit sy kwalifiserende veldtog vir 2012 se Afrikabeker-toernooi in Maart voort wanneer hy in die FNB-stadion (voorheen Soccer City) met die vasteland se verdedigende kampioen, Egipte, kragte meet.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

 

Lees meer oor: aaron mokoena  |  2010  |  bafana bafana  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

neels.swart.7 sê... Ek glo jou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.