500 000 kaartjies verkoop
2009-12-14 15:45
Zurich – Die eerste 10 dae van die derde fase van kaartjieverkope vir die komende Wêreldbeker-sokkertoernooi is gekenmerk deur kaartjieverkope wat deur die 500 000 merk gebreek het, het Fifa Maandag bekend gemaak.
Volgens die sokker-beheerliggaam is daar 386 300 kaartjies deur Suid-Afrikaners versoek (sowat 77% van aansoeke), terwyl 114 237 kaartjies deur die res van die wêreld versoek is.
"In teenstelling met vorige wêreldbekers is die laaste kaartjie-aansoeke indrukwekkend," het Horst Schmidt, voorsitter van Fifa se kaartjie-subkomitee, in `n verklaring bekend gemaak.
Die Verenigde State van Amerika is bo-aan die lys van ander lande met 22 942 kaartjies, gevolg die Verenigde Koningkry (20 232), Mexico (7981), Duitsland (7697), Australië (6277) en Brasilië (4760). Die huidige fase van kaartjieverkope eindig 22 Januarie aanstaande jaar.
- Sapa