Wallabies verander vyf vir stryd teen Poemas
2012-10-04 15:19
In-diepte Verslae
Die Nieu-Seelandse rugbyunie het die All Blacks se Rugbykampioenskap-titel met 'n openbare tentoonstelling
van die span se trofeekas gevier.
Kaapstad – Australië het vyf veranderings gemaak aan die span wat Saterdag in die laaste Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië in Rosario uitdraf.
Mike Harris en Nick Cummins vervang die beseerde Berrick Barnes en Dominic Shipperley, wat na die plaasvervangerbank skuif, onderskeidelik op heelagter en regtervleuel.
Ben Tapuai sal in die plek van Adam Ashley-Cooper (harsingskudding) op buitesenter uitdraf terwyl James Slipper in die loskopstut-posisie sak.
So lyk die span:
15 Mike Harris, 14 Nick Cummins, 13 Ben Tapuai, 12 Pat McCabe, 11 Digby Ioane, 10 Kurtley Beale, 9 Nick Phipps, 8 Radike Samo, 7 Michael Hooper, 6 Sitaleki Timani, 5 Nathan Sharpe (kaptein), 4 Kane Douglas, 3 Ben Alexander, 2 Tatafu Polota-Nau, 1 James Slipper.
Plaasvervangers: 16 Saia Fainga’a, 17 Benn Robinson, 18 Dave Dennis, 19 Scott Higginbotham, 20 Liam Gill, 21 Brett Sheehan, 22 Dominic Shipperley.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24