'Habana is wêreld se beste' – Hosea Gear
2012-10-05 09:45
In-diepte Verslae
Die Nieu-Seelandse rugbyunie het die All Blacks se Rugbykampioenskap-titel met 'n openbare tentoonstelling
van die span se trofeekas gevier.
Kaapstad – Die All Black-speler Hosea Gear het op die vooraand van die toets in Soweto, vir Bryan Habana as die beste vleuel in wêreldrugby beskryf.
Gear sal Saterdag Habana se direkte opponent op die veld in die nr. 14-trui wees nadat hy Donderdag opgeroep is vir die Kiwi's se laaste Rugbykampioenskap-wedstryd.
"Hy (Habana) is een van die vinnigste opponente teen wie ek nog gespeel het – en ek glo hy is die top-vleuel in wêreldrugby," het Gear Donderdag aan Sport24 gesê.
Dit sal Saterdag slegs Gear se tweede wedstryd in drie maande wees, maar hy weet dat daar nie tyd gaan wees om "rustig sy voete te vind nie".
"Gelukkig het ek vir Conrad (Smith) langs my om met die verdediging te help," het hy gesê.
Afskoptyd by die FNB-stadion in Soweto is om 17:00.
Spanne:
Suid-Afrika:
15 Zane Kirchner, 14 Bryan Habana, 13 Jean de Villiers (kaptein), 12 Jaco Taute, 11 Francois Hougaard, 10 Johan Goosen, 9 Ruan Pienaar, 8 Duane Vermeulen, 7 Willem Alberts, 6 Francois Louw, 5 Andries Bekker, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Adriaan Strauss, 1 Beast Mtawarira
Plaasvervangers: 16 Tiaan Liebenberg, 17 Coenie Oosthuizen, 18 Flip van der Merwe, 19 Marcell Coetzee, 20 Elton Jantjies, 21 Juan de Jongh, 22 Patrick Lambie
Nieu-Seeland:
15 Israel Dagg, 14 Cory Jane, 13 Conrad Smith, 12 Ma'a Nonu, 11 Hosea Gear, 10 Dan Carter, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 Liam Messam, 5 Sam Whitelock, 4 Brodie Retallick, 3 Owen Franks, 2 Andrew Hore, 1 Tony Woodcock
Plaasvervangers: 16 Keven Mealamu, 17 Ben Franks, 18 Luke Romano, 19 Adam Thomson, 20 Piri Weepu, 21 Aaron Cruden, 22 Tamati Ellison
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24