Frans, Coenie uit Loftus-toets
2012-09-28 13:14
In-diepte Verslae
Die Nieu-Seelandse rugbyunie het die All Blacks se Rugbykampioenskap-titel met 'n openbare tentoonstelling
van die span se trofeekas gevier.
Kaapstad – Nuus uit die Springbok-kamp is dat Frans Steyn hom uit die span vir Saterdag se toets teen die Wallabies in Pretoria moes onttrek nadat hy nie voldoende van sy enkelbesering herstel het nie.
Die veelsydige agterspeler van die Leeus Jaco Taute sal dus Saterdag sy debuut in die Groen-en-Goud op buitesenter maak met Jean de Villiers wat na die binnesenter-posisie skuif.
Die plaasvervanger-stut Coenie Oosthuizen is ook nie 100% fiks nie en sal deur Pat Cilliers op die reserwebank vervang word.
Afskoptyd Saterdag is om 17:00.
So lyk die span:
15. Zane Kirchner, 14. Francois Hougaard, 13. Jaco Taute, 12. Jean de Villiers (kaptein), 11. Bryan Habana, 10. Johan Goosen, 9. Ruan Pienaar, 8. Duane Vermuelen, 7. Willem Alberts, 6. Francois Louw, 5. Andries Bekker, 4. Eben Etzebeth, 3. Jannie du Plessis, 2. Adriaan Strauss, 1. Beast Mtawarira
Plaasvervangers:16. Tiaan Liebenberg, 17. Pat Cilliers, 18. Flip van der Merwe, 19. Marcell Coetzee, 20. Elton Jantjies, 21. Juan de Jongh, 22. Pat Lambie
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Nuus24