Cooper verwag koue ontvangs op Eden Park
2012-08-23 09:45
In-diepte Verslae
Die Nieu-Seelandse rugbyunie het die All Blacks se Rugbykampioenskap-titel met 'n openbare tentoonstelling
van die span se trofeekas gevier.
Sydney – Die onvoorspelbare Quade Cooper is in die beginspan gekies vir die Wallabies se Bledisloe-wedstryd teen die All Blacks op Eden Park, maar Kurtley Beale is gepos ná sy swak vertoning laas naweek in Sydney.
Cooper sal Berrick Barnes, wat na die binnesenter-posisie skuif, in die nr. 10-trui vervang.
Die Reds-speler sal Saterdag 'n vyandige ontvangs op Eden Park verwag nadat hy die All Black-kaptein, Richie McCaw, verlede jaar oënskynlik met die knie teen die kop gestamp het in die eindstryd van die Drienasies-toernooi.
Hy is uitgewys vir vuilspel, maar 'n Sanzar-tugkomitee het hom onskuldig bevind.
"Al wat ek wil sê is, ek's terug. Ek's fiks, gesond en gereed vir aksie," het Cooper kortaf geantwoord voordat hy Donderdag skielik 'n mediakonferensie verlaat het sonder om 'n woord verder te sê.
Will Genia neem die kapteinskap oor by David Pocock, wat drie maande buite aksie sal wees weens 'n knie-operasie.
Afskoptyd is om 09:35.
Spanne:
Nieu-Seeland:
15 Israel Dagg, 14 Cory Jane, 13 Ma'a Nonu, 12 Sonny Bill Williams, 11 Hosea Gear, 10 Daniel Carter, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 Liam Messam, 5 Sam Whitelock, 4 Luke Romano, 3 Owen Franks, 2 Keven Mealamu, 1 Wyatt Crockett
Plaasvervangers: 16-Andrew Hore, 17-Ben Franks, 18-Brodie Retallick, 19-Victor Vito, 20-Piri Weepu, 21-Aaron Cruden, 22-Ben Smith
Australië:
15 Adam Ashley-Cooper, 14 Drew Mitchell, 13 Rob Horne, 12 Berrick Barnes, 11 Digby Ioane, 10 Quade Cooper, 9 Will Genia (kaptein), 8 Scott Higginbotham, 7 Michael Hooper, 6 Dave Dennis, 5 Nathan Sharpe, 4 Sitaleki Timani, 3 Ben Alexander, 2 Stephen Moore, 1 Benn Robinson
Plaasvervangers: Moet nog bevestig word.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24