Cooper uit, Barnes in vir stryd teen Kiwi's
2012-08-14 10:30
In-diepte Verslae
Die Nieu-Seelandse rugbyunie het die All Blacks se Rugbykampioenskap-titel met 'n openbare tentoonstelling
van die span se trofeekas gevier.
Kaapstad – Die Wallabies het Scott Higginbotham op agsteman en Anthony Fainga'a op binnesenter gekies vir die span se openingswedstryd in die Rugbykampioenskap-reeks Saterdag teen die All Blacks in Sydney.
Fainga'a vervang die beseerde Pat McCabe terwyl Higginbotham, wat op oopkantflank in die derde toets teen Wallis uitgedraf het, in die plek van die beseerde agsteman Wycliff Palu uitdraf.
Berrick Barnes behou die nr. 10-trui terwyl Quade Cooper weggelaat is uit die 22-tal.
Afskoptyd Saterdag is om 17:05.
So lyk die span:
15 Kurtley Beale, 14 Adam Ashley-Cooper, 13 Rob Horne, 12 Anthony Fainga’a, 11 Digby Ioane, 10 Berrick Barnes, 9 Will Genia, 8 Scott Higginbotham, 7 David Pocock (kaptein), 6 Dave Dennis, 5 Nathan Sharpe, 4 Sitaleki Timani, 3 Sekope Kepu, 2 Tatafu Polota Nau, 1 Benn Robinson.
Plaasvervangers: 16 Stephen Moore, 17 James Slipper, 18 Rob Simmons, 19 Radike Samo, 20 Michael Hooper, 21 Nick Phipps, 22 Drew Mitchell.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24