Bokke wys wie's baas
2012-08-18 18:51
In-diepte Verslae
Die Nieu-Seelandse rugbyunie het die All Blacks se Rugbykampioenskap-titel met 'n openbare tentoonstelling
van die span se trofeekas gevier.
Kaapstad – Die Springbokke het Saterdagaand die Argentyne ‘n ding of twee in die spanne se Rugbykampioenskap-wedstryd op Nuweland gewys.
Suid-Afrika het die nuwelinge met ‘n telling van 27-6 geklop nadat hulle teen rustyd met 20-6 voorgeloop het.
Die Bokke het van die begin af goed gevaar, maar Bismarck du Plessis het vroeg in die wedstryd mank van die veld afgeloop met ‘n kniebesering, waarna Adriaan Strauss sy plek in geneem het.
Sport24 het vroeër berig dat Andries Bekker en Eben Etzebeth die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, se sleutelspelers sou wees.
Meyer het bygevoeg dat hy die volste vertroue in Morné Steyn het om 'n goeie vertoning, soos wat dit 'n nr. 10-toetsspeler betaam, te lewer en sy kritici stil te speel.
Puntemakers:
Suid-Afrika:
Drieë: Zane Kirchner, Marcell Coetzee, Bryan Habana
Doelskoppe: Morné Steyn (3)
Strafskoppe: Steyn (2)
Argentinië:
Strafskoppe: Juan Martin Hernandez (2)
Só het die spanne gelyk:
Springbokke:
15. Zane Kirchner, 14. Bryan Habana, 13. Jean de Villiers (kaptein), 12. Frans Steyn, 11. Lwazi Mvovo, 10. Morné Steyn, 9. Francois Hougaard, 8. Keegan Daniel, 7. Willem Alberts, 6. Marcell Coetzee, 5. Andries Bekker, 4. Eben Etzebeth, 3. Jannie du Plessis, 2. Bismarck du Plessis, 1. Tendai Mtawarira
Plaasvervangers: 16. Adriaan Strauss, 17. Pat Cilliers, 18. Flip van der Merwe, 19. Jacques Potgieter, 20. Ruan Pienaar, 21. Pat Lambie, 22. JJ Engelbrecht
Poemas:
15 Lucas Gonzalez Amorosino, 14 Gonzalo Camacho, 13 Marcelo Bosch, 12 Santiago Fernandez, 11 Horacio Agulla; 10 Juan Martin Hernandez, 9 Nicolas Vergallo, 8 Juan Martin Fernandez Lobbe (kaptein), 7 Alvaro Galindo, 6 Julio Farias Cabello, 5 Patricio Albacete, 4 Manuel Carizza, 3 Juan Figallo, 2 Eusebio Guinazu, 1 Rodrigo Roncero
Plaasvervangers: 16 Bruno Postiglioni, 17 Marcos Ayerza, 18 Juan Pablo Orlandi, 19 Tomas Leonardi, 20 Leonardo Senatore, 21 Martin Landajo, 22 Martin Rodriguez
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
– Nuus24, Sport24 & AFP