Bokke sweet oor Habana, Bekker
2012-08-21 10:31
In-diepte Verslae
Die Nieu-Seelandse rugbyunie het die All Blacks se Rugbykampioenskap-titel met 'n openbare tentoonstelling
van die span se trofeekas gevier.
Mendoza – Die Springbok-bestuurspan wag op terugvoering oor Bryan Habana en Andries Bekker voor die span vir die wedstryd teen Argentinië aangekondig word.
Luidens ‘n mediaverklaring wat deur Suid-Afrikaanse Rugbyunie uit die Springbokke se hotel in Mendoza gestuur is, is beide Habana en Bekker mank nadat hulle hul enkels beseer het in die wedstryd teen Argentinië op Nuweland, het SuperSport.com berig.
“Ons probeer hulle op die oomblik regkry. Hulle het nie Maandag geoefen nie en ons sal hulle later in die week ondersoek en besluit of hulle beskikbaar vir die naweek sal wees,” het die Craig Roberts, spandokter, gesê.
Indien Bekker beseer is, behoort Juandre Kruger met gemak sy plek in die span te neem. Kruger het vroeër vanjaar drie toetse teen die Engelse gespeel. Habana se besering kan egter ‘n groter kopseer vir Heyneke Meyer, die afrigter, beteken.
JJ Engelbrecht, wat sy toetsdebuut op Nuweland gemaak het, kan op linkervleuel speel, maar indien hy en Lwazi Mvovo moet begin kan dit die Bokke bietjie kort op ervaring los.
Daar is ook die moontlikheid dat Francois Hougaard na vleuel geskuif kan word en Ruan Pienaar wat dan op skrumskakel sal begin.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24Sport op Twitter
- SuperSport Zone