Bokke: Goosen kry sy groot kans; Morné uit
2012-09-26 12:39
In-diepte Verslae
Die Nieu-Seelandse rugbyunie het die All Blacks se Rugbykampioenskap-titel met 'n openbare tentoonstelling
van die span se trofeekas gevier.
Kaapstad – Die Springbok-afrigter Heyneke Meyer het die jong loskakel Johan Goosen in die Bokke se beginspan vir hul Rugbykampioenskap-toets teen Australië op Loftus Versfeld ingesluit.
Dit sal die eerste keer wees wat Goosen as deel van die Bokke se beginspan uitdraf.
Morné Steyn is uit die 22-tal gesluit na 'n rits swak vertonings in ander toetse.
Frans Steyn is op binnesenter ingesluit, maar sal eers 'n fiksheidstoets moet slaag. Jaco Taute sal hom vervang as hy nie kan speel nie; dit sal Taute se eerste toets wees.
Die Leeus se loskakel, Elton Jantjies, wat ook nou deel van die Bok-groep is, sal op die plaasvervangerbank wees.
So lyk die span:
15. Zane Kirchner, 14. Francois Hougaard, 13. Jean de Villiers (kaptein), 12. Frans Steyn/ Jaco Taute, 11. Bryan Habana, 10. Johan Goosen, 9. Ruan Pienaar, 8. Duane Vermuelen, 7. Willem Alberts, 6. Francois Louw, 5. Andries Bekker, 4. Eben Etzebeth, 3. Jannie du Plessis, 2. Adriaan Strauss, 1. Beast Mtawarira
Plaasvervangers:16. Tiaan Liebenberg, 17. Coenie Oosthuizen, 18. Flip van der Merwe, 19. Marcell Coetzee, 20. Elton Jantjies, 21. Juan de Jongh/ Jaco Taute, 22. Pat Lambie
Afskoptyd Saterdag is om 17:00.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.