Beale op nr.10 teen Bokke op Loftus
2012-09-27 10:16
In-diepte Verslae
Die Nieu-Seelandse rugbyunie het die All Blacks se Rugbykampioenskap-titel met 'n openbare tentoonstelling
van die span se trofeekas gevier.
Pretoria – Die Wallabies se afrigter, Robbie Deans, het sy span aangekondig wat die Springbokke Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria pak.
Kurtley Beale skuif vanaf die heelagter-posisie om Quade Cooper op losskakel te vervang.
Berrick Barnes sal die nr.15-trui dra en ook die stelskopwerk vir Australië behartig.
Die veteraan-slot Nathan Sharpe dra die kapteinsarmband vir Saterdag se stryd op Loftus en Brett Sheehan is die nuwe gesig op die plaasvervangerbank.
Afskoptyd in Pretoria is om 17:00.
Spanne:
Suid-Afrika:
15 Zane Kirchner, 14 Bryan Habana, 13 Jean de Villiers (kaptein), 12 Francois Steyn/Jaco Taute, 11 Francois Hougaard, 10 Johan Goosen, 9 Ruan Pienaar, 8 Duane Vermeulen, 7 Willem Alberts, 6 Francois Louw, 5 Andries Bekker, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Adriaan Strauss, 1 Beast Mtawarira
Plaasvervangers: 16 Tiaan Liebenberg, 17 Coenie Oosthuizen, 18 Flip van der Merwe, 19 Marcell Coetzee, 20 Elton Jantjies, 21 Jaco Taute/Juan de Jongh, 22 Patrick Lambie
Australië:
15 Berrick Barnes, 14 Dominic Shipperley, 13 Adam Ashley-Cooper, 12 Pat McCabe, 11 Digby Ioane, 10 Kurtley Beale, 9 Nick Phipps, 8 Radike Samo, 7 Michael Hooper, 6 Dave Dennis, 5 Nathan Sharpe (kaptein), 4 Kane Douglas, 3 Ben Alexander, 2 Tatafu Polota Nau, 1 Benn Robinson
Plaasvervangers: 16 Saia Fainga'a, 17 James Slipper, 18 Rob Simmons, 19 Scott Higginbotham, 20 Liam Gill, 21 Brett Sheehan, 22 Anthony Fainga'a
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24