Bokke draai Hane nek-om

2010-06-12 15:51
Tweets Share Share line Print

Anja Carstens

Kaapstad - Die Springbokke het hul eerste toets sedert 2005 teen Frankryk gewen toe hulle die Hane Saterdag op Nuweland in Kaapstad met 42-17 vermorsel het.

Dit was 'n naweek wat die Franse eerder sal wil vergeet nadat die nasionale sokkerspan Vrydagaand gesukkel het in hul WB-groepwedstryd teen Uruguay. Dié wedstryd het 0-0 geëindig.

Die Springbokke was vinnig uit die blokke en het na 10 minute se speeltyd met 14 punte voorgeloop. Dit het die Hane bykans 30 minute geneem om punte op die telbord te sit nadat vleuel Aurelien Rougerie die besoekers se eerste drie gedruk het.

Die rustydtelling was 25-10 in die guns van die Bokke.

Alhoewel die tuisspan uitgestaan het in die lynstane, is daar weer in die skrums kleigetrap.

Rugbygeesdriftiges is met sewe drieë in die wedstryd bederf en dit was ook een van Nuweland se helde, die flank Francois Louw, wat een van die beste vertonings op die veld gelewer het.

Puntemakers:

Suid-Afrika:
Drieë: Pierre Spies, Gio Aplon (2), Gurthrö Steenkamp, Francois Louw Doelskoppe: Morné Steyn (3), Ruan Pienaar Strafskoppe: Morné Steyn (3)

Frankryk:
Drieë: Aurelien Rougerie, M Andreu Doelskoppe: Morgan Parra, David Skrela Strafskoppe: Morgan Parra

Die Springbokke speel volgende Saterdag teen Italië in Witbank.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: frankryk  |  rugby  |  springbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.