Wilkinson mis wedstryd teen Bokke
2010-10-30 14:46
Londen – Jonny Wilkinson sal weens 'n skouerbesering Engeland se internasionale wedstryde in November misloop, het die Engelse Rugbyunie (RFU) bevestig.
Wilkinson het dié besering verlede week in die wedstryd teen Stade Francais opgedoen. Hy het vir Toulon uitgedraf.
Die Engelse sterspeler is aan Martin Johnson se span vir volgende maand se wedstryde teen Nieu-Seeland, Australië, Samoa en Suid-Afrika by Twickenham onttrek.
Die 31-jarige losskakel hoef nie 'n operasie te ondergaan nie, maar hy sal vir 'n maand buite aksie wees.
Sy plek in die Engelse span word nou volgestaan deur Charlie Hodgson.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa - AFP