Wie sal De Villiers se raadgewer wees?
2011-03-08 21:00
Johannesburg - Met die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat later vanjaar plaasvind, is daar heelwat gerugte oor wie die Springbokbreier, Peter de Villiers, se raadgewer gaan wees.
Die voormalige Australiese afrigter, Eddie Jones, en die direkteur van afrigting by die Westelike Provinsie, Rassie Erasmus, is van die name wat tot dusver opgeduik het.
Geen besluit is egter tot dusver geneem nie.
Die afrigter van die 2007 Wêreldbeker-Springbokke, Jake White, sê egter hy sal graag die pos wil hê indien hy genader sou word, het RSG Dinsdagaand berig.
Volg Nuus24 op Twitter.
-RSG