Wie is die hongerste?

2011-10-29 07:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Op ’n straathoek hier in die middestad kyk twee honger mans na een sny brood bo-op ’n asblik.

Een het 12 dae laas iets geëet en die ander ’n dag gelede.

Watter een gaan dit eerste gryp?

Daar is nie net een antwoord op dié vraag nie, maar ’n mens sou tog sê die een wat die hongerste is.

Dieselfde rugbyscenario speel hom vandag op Coca-Colapark tussen die spanne van die Goue Leeus en die Haaie af.

Van swaarkry, bakhand-staan en met die krummels tevrede wees, kan ’n mens diegene wat Leeus-rugby oor die afgelope dekade ondersteun het, niks vertel nie.

Ook nie die spelers wat uitgehonger is vir Curriebeker-glorie nie.

Dit is hul kans om die Curriebeker die eerste keer in 12 jaar te wen – en die eerste keer op hul tuisveld sedert 1950.

Oud-spelers, ondersteuners en selfs die Leeus-afrigtingspan – John Mitchell, Carlos Spencer en Johan Ackermann – wens hulle kon help om die juk vandag te dra.

Maar dit is die 22 manne in die Rooibont-truie wat dit moet doen. Hulle word gelei deur Josh Strauss wat nog nie 40 eersterangse wedstryde op sy kerfstok het nie, maar wat agting afdwing en deur sy spelers amper soos ’n profeet gevolg word.

Die bebaarde Strauss en sy agttal het vandag een beduidende voordeel bo die fisieke voorspelers van die Haaie – hulle het vier maande lank as ’n eenheid in vanjaar se Curriebeker-reeks gespeel.

Eintlik het die proses om hulle in ’n eenheid saam te snoer al in verlede jaar se reeks onder Mitchell se afrigting begin.

Mettertyd het hul samespel verbeter. Strauss en die flanke, Michael Rhodes en Derick Minnie, vorm ’n vurige lostrio.

Minnie, wat vandag sy 25ste verjaardag vier, het Schalk Burger-hulle verlede week by die afbreekpunte laat huil.

Die Leeus se agttal is beweeglik en Mitchell verkies voorspelers wat die tempo hoog kan hou bo groot en swaar manne.

Min slotte dra die bal so baie en so doeltreffend soos Wikus van Heerden en Franco van der Merwe en dít het baie bygedra tot die Leeus se sukses vanjaar.

Agterlangs is die Leeus-kombinasies ook gevestig.

As die Haaie te veel op Elton Jantjies as potensiële wedstrydwenner gaan fokus, kan sy glibberige skakelmaat, Michael Bondesio, ongesiens deur ’n gaping of twee glip.

Op senter en vleuel verkies Mitchell vier betroubare en bestendige spelers. Met Alwyn Hollenbach, Doppies la Grange en Deon van Rensburg se verdediging skort daar niks nie.

Hollenbach begin as binnesenter ’n reputasie as ’n plettervatter bou – en dan wag Butch James boonop op die plaasvervangersbank...

As dit vandag reën, kan die aanvallende vermoëns van Michael Killian en Jaco Taute dalk beperk word.

Killian het ook al heelagter gespeel en saam met Taute kan hulle gevaarlike teenaanvalle loods.

Daar is dus balans in dié span: fisieke, maar beweeglike voorspelers; en agterspelers wat kan aanval én veral verdedig.

Die Rooibontes sal verder aangevuur word deur hul tuisskare in ’n stadion wat, wanneer hy vol is, soos vandag, enige besoekende speler se broek kan laat bewe.

Daar is dus genoeg redes waarom die Leeus vandag die Curriebeker kan wen. Maar die belangrikste rede wat die skaal gaan swaai, is dat die Leeus se span brullend honger is... hong­erder as die Haaie.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.