Western Force-speler vas vir dronkry
2011-01-13 14:52
Perth - Cameron Shepherd, veelsydige agterspeler van die Western Force, is vasgetrek vir dronkbestuur terwyl sy rybewys opgeskort was.
Volgens die nimemsn-webtuiste wag Shepherd nou op die aankondiging van sy verhoordatum nadat polisie in Wes-Australië hom aangekla het.
In 'n persverklaring het die Australiese rugbyunie (ARU) se tugkomitee gesê hy sal die hof se bevinding in aanmerking neem en as dit nodig is, ná die regsproses vergader.
Intussen sal Shepherd voortgaan om saam met sy spanmaats vir die Super15-reeks, wat op 18 Februarie afskop, te oefen.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24