Watermeyer vervang Olivier
2009-07-21 13:28
Pretoria – Die Bulle se afrigter, Frans Ludeke, het net een verandering gemaak aan die span wat WP verlede naweek geklop het.
Wynand Olivier is Maandagmiddag weens Adrian Jacobs se besering na die Bok-kamp ontbied.
Stefan Watermeyer van die Bulle se 0.21-span sal die plek van Olivier inneem.
“Ons het die volste vertroue dat Stefan die werk kan doen,” het Ludeke Dinsdag gesê toe hy dié naweek se span aangekondig het.
“Stefan speel goed rugby en verdien ‘n kans op sy staal te wys.”
Die voormalige Springbok-stut het Woensdag met die Bulle se voorry geoefen om probleme wat hulle tydens die wedstryd met WP gehad het, uit te stryk.
“Balie het aan sekere tegniese aspekte gewerk. Ons wil graag beter doen as wat ons teen WP gevaar het. Daar is nog een of twee areas waaraan ons vanoggend gewerk het,” het Ludeke gesê.
Die Bulle speel Vrydagaand in Durban teen die Sharks.
Die span is: Tiger Mangewni, Gerhard van den Heever, Jaco
Pretorius, Stefan Watermeyer, Francois Hougaard, Francois Brummer,
Heini Adams, Dries van Schalkwyk, Dewald Potgieter, Jacques
Burger,Wilhelm Steenkamp, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Derick
Kuün (kapt.), Gurtrho Steenkamp. Replacements: Bandise Maku, Frik
Kirsten, Jaco Engels, Fudge Mabeta, Gerrit-Jan van Velze, Marius
Delport, Marnitz Boshoff.
SAPA