Warburton lei Wallis teen All Blacks
2012-11-21 11:32
Kaapstad – Warren Gatland is terug as afrigter van Wallis se rugbyspan en het onmiddelike veranderings gemaak vir die span se toets teen die All Blacks in Cardiff.
Die flank Sam Warburton is in die vyftiental ingesluit en sal Saterdag die kapteinsarmband teen Nieu-Seeland dra.
Jonathan Davies het van sy besering herstel en draf op buitesenter uit.
Die losskakel Rhys Priestland en slot Luke Charteris vervang die beseerde Dan Biggar (skouer) en Ian Evans (knie) terwyl die veteraan-haker Matthew Rees ook ingesluit is in die beginspan.
Wallis het hul laaste vyf kragmetings verloor insluitende onlangse nederlae teen Samoa en Argentinië.
So lyk die span:
15 Leigh Halfpenny, 14 Alex Cuthbert, 13 Jonathan Davies, 12 Jamie Roberts, 11 George North, 10 Rhys Priestland, 9 Mike Phillips; 8 Toby Faletau, 7 Sam Warburton (kaptein), 6 Ryan Jones, 5 Luke Charteris, 4 Bradley Davies, 3 Aaron Jarvis, 2 Matthew Rees, 1 Paul James.
Plaasvervangers: 16 Ken Owens, 17 Gethin Jenkins, 18 Scott Andrews, 19 Aaron Shingler, 20 Justin Tipuric, 21 Tavis Knoyle, 22 James Hook, 23 Scott Williams.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Keo