Walliese slot pootjie eie span

2010-02-08 15:07
Tweets Share Share line Print

Londen. – ’n Oomblik van waansin deur die Walliese slot Alun-Wyn Jones het gehelp dat Engeland ’n wendroogte teen Wallis in die Sesnasies-reeks hier op Twickenham breek.

Jones is kort voor rustyd met ’n geel kaart gestraf nadat hy die Engelse haker Dylan Hartley gepootjie het en dit het die tuisspan ’n sege van 30-17 besorg.

Daarmee het Engeland ’n einde aan die Rooi Drake, wat die afgelope drie kragmetings tussen dié spanne in die reeks gewen het, se houvas gemaak.

Voor Jones se fout was die telling 3-3 en daarna het die Rose 17 punte opgestapel om 20-3 voor te loop.

Volgens Warren Gatland, breier van Wallis, was dit beslis die keerpunt.

“Dit was uiters dom wat hy gedoen het,” sê hy.

Gatland meen dit kan selfs die slot ’n plek in die span kos.

Martin Johnson, afrigter van Engeland, was verheug met die sege.

“Ek is tevrede met hoe die ouens gespeel het.

Ons het in die tweede helfte ’n insinking beleef en daar is baie waaraan gewerk kan word, maar om 30 punte teen Wallis aan te teken, gebeur nie elke dag nie.”

    * Puntemakers:

Engeland: 30 (13): Drieë: James Haskell (2), Danny Care; Doelskoppe: Jonny Wilkinson (3); Strafdoele: Wilkinson (3).

Wallis: 17 (3): Drieë: Adam Jones, James Hook; Doelskoppe: Stephen Jones (2); Strafdoel: Stephen Jones.

    * Ierland het Saterdag in ’n ander kragmeting in Dublin ’n onoortuigende sege van 29-11 oor Italië behaal.

Die kampioen se losskakel, Ronan O’Gara, het 16 punte aangeteken voordat hy die veld weens ’n besering moes verlaat.

Volgens David Wallace, Ierse flank en speler van die wedstryd, sal sy span beslis moet verbeter voordat hulle Frankryk Saterdag pak.

“Daar is ’n gevoel van tevredenheid omdat ons ’n taak gehad het om af te handel, dit gedoen het en vir 80 minute aangehou het,” sê hy.

    * Puntemakers:

Ierland: 29 (23) Drieë: Jamie Heaslip, Tomas O’Leary; Doelskoppe: Ronan O’Gara (2); Strafdoele: O’Gara (4), Paddy Wallace.

Italië: 11 (8) Drie: Kaine Robertson; Strafdoele: Craig Gower, Mirco Bergamasco.

    * Frankryk het gister in Edinburg sy kragmeting met Skotland met 18-9 gewen nadat die Hane met rustyd met 15-6 voor was.

– Sapa-AFP, Beeld

Lees meer oor: rugby

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

erikdemilander sê... Kom Bulle - Kies Chilliboy!! Maak Stormers se pad soveel makliker. Ons kan alreeds op 5 lynstane reken wat ons gaan kry per wedstryd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.