Wallabies wil vuurwerk lewer

2011-11-24 07:05
Tweets Share Share line Print

Londen – Die Australiese skrumskakel Will Genia het beloof Australië sal ’n vuurwerk-vertoning lewer wanneer hy Saterdag hier op Twickenham teen die Barbarians te staan kom.

Met die Wêreldbeker-rugbytoernooi en die gepaardgaande druk iets van die verlede, is die Wallabies meer in ’n gemaksone vir hul twee weke lange toer in die Verenigde Koninkryk.

“Dit gaan alles daaroor om vermaaklike rugby te speel. Ons wil nie hê mense moet terugkeer na hul huise en dink dat dit ’n vervelige wedstryd was nie. Ons gaan uitgaan om onsself te geniet,” het Genia gesê.

Dié buksie sal gemengde gevoelens oor Twickenham hê. Hy het in 2009 kop en skouers uitgestaan in die Aussies se sege van 18-9, maar verlede jaar is sy regstreekse teenstander, Ben Youngs, al die lof toegeswaai toe Engeland oortuigend met 35-18 met die besoekers afgereken het.

“Twee jaar gelede was baie spesiaal vir my. In vergelyking daarmee was 2010 nie só ’n goeie jaar nie. Ek het goed vertoon in Super-rugby, maar my duim gebreek en daarna ook my knie beseer.

“Met my terugkeer het ek gevoel ek was nie 100% fiks nie en ek het gevolglik nie baie goed teen Eng­eland gespeel nie. Maar ek dink ek het ’n goeie jaar tot dusver,” het Genia gesê.

En sy fiksheid sal beslis nie Saterdag lol nie. Genia sal in sy 30ste wedstryd op die veld draf naas die 18 Super-rugby- en 11 ander internasionale rugbywedstryde wat hy reeds vir 2011 op sy kerfstok het.

Genia se “bloedbroer” Quade Cooper sukkel met ’n kniebesering en die kans is goed dat eersgenoemde hierdie naweek James O’Connor met besit gaan voer.

O’Connor (21) sal sy internasionale buiging as losskakel maak as die Aussie-breier, Robbie Deans, hom wel aan die diepkant ingooi.

“Hy (O’Connor) is ’n goeie speler. Hy is oorgehaal om op losskakel uit te draf,” het Genia gesê.

Dit is Woensdag bevestig dat die Springbok-slot Victor Matfield die Baabaas in sy laaste wedstryd op die veld sal lei.

Die Barbarians se span is:

Isaia Toeva, Sam Tomkins, Robbie Fruean, Stirling Mortlock, Bryan Habana, Danny Cipriani, Peter Stringer, Adam Thomson, Mauro Bergamasco, Jerome Kaino, Victor Matfield (k), Simon Shaw, Sylvain Marconnet, Keven Mealamu, Eusebio Guinazu. PLAASVERVANGERS: Adriaan Strauss, Salvatore Perugini, Jason White, Marco Bortolami, Nemia Kenatale, Richard Kahui, Seru Rabeni. – AAP 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

– Sport24

Lees meer oor: barbarians rugby  |  rugby  |  sport  |  wallabies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.