Wallabies los vir George Smith
2009-10-27 12:05
Tokio – George Smith is nie gekies vir Saterdag se wedstryd teen die All Blacks in die Bledisloebeker-wedstryd nie, nadat hy die Wallabies na ‘n nederlaag van 33-6 in die Drienasies reeks teen Nieu-Seeland gelei het.
Die weglating van dié veteraan is een van vyf veranderinge wat in die span aangebring was, het die Wallabies Dinsdag aangekondig.
Die heelagter James O’Connor is weggelaat ná ‘n nie powere vertoning in sy laaste wedstryd teen die All Blacks in Wellington. Dit maak plek vir Adam Ashley-Cooper om vanaf senter na heelagter te skuif, en Ryan Cross op nommer 13.
“Met Adam wat na heelagter terugkeer help dit om die balans van die span te behou,” het Robbie Deans, afrigter van die Wallabies in ‘n verklaring gesê.
Matt Giteau behou sy nr.10-truil, met Berrick Barnes as binnesenter en Will Genia op skrumskakel.
Stirling Mortlock, wat die meeste van die toernooi misgeloop het weens ‘n beseerde been, en Smith, wat as plaasvervanger vir hom as kaptein opgetree het, was albei oorgesien vir leierskaprolle, maar was vir die toernooi gekies wat teen die All Blacks in Tokio afskop, en dan na Europa koers kies vir toetse teen Engeland, Ierland , Skotland en Wallis.
Mortlock is nie beskikbaar vir die eerste twee toetse nie weens ‘n besering.
Rocky Elsom het gesê die Wallabies moet weer hul trots herwin na hul nederlaag op Wellington.
“Nie een van ons is gelukkig met ons huidige vertoning nie. Dit is die eerste Bledisloebeker om in Japan gespeel te word en ons laaste geleentheid om teen die die All Blacks vir die jaar te speel. So dit is belangrik vir ons om goed te doen.”
Die span lyk soos volg:
Adam Ashley-Cooper, Peter Hynes, Ryan Cross, Berrick Barnes, Digby Ioane, Matt Giteau, Will Genia; Wycliff Palu, David Pocock, Rocky Elsom (kaptein), Mark Chisholm, James Horwill, Ben Alexander, Tatafu Polota-Nau, Benn Robinson
Plaasvervangers: Stephen Moore, Matt Dunning, Dean Mumm, George Smith, Luke Burgess, Drew Mitchell, James O'Connor
- AP