Wallabies hou asem op oor Pocock, Ione
2012-11-06 10:09
Sydney – Die afrigter van die Wallabies, Robbie Deans, wag op mediese uitslae van die slot Sitaleki Timani, flank David Pocock, haker Stephen Moore en vleuel Digby Ione voor hy die span vir Saterdag se toets teen Frankryk aankondig.
"Hulle is almal besig om goed te herstel, maar veral omdat ons reis, is dit 'n kwessie van of hulle genoeg herstel het om Saterdag reeds te speel," het Deans Dinsdag tydens 'n mediakonferensie gesê.
Intussen het Frankryk se afrigter, Philippe Saint-Andre, verklaar dat die skrumskakel Morgan Parra fiks is om teen Australië te speel.
"Dit is 'n wedstryd wat baie belangrik is vir albei spanne. Die spelers is baie entoesiasties oor die kragmeting en sien uit daarna," het Deans oor Saterdag se toets in Frankryk gesê.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24