WP verplaas druk effe na Blou Bulle

2011-10-03 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Westelike Provinsie se rugbyspan het die druk om die laaste plek in die Curriebeker-halfeindronde effens na die Blou Bulle verskuif deur die Haaie Saterdag in Durban met 15-10 te klop.

Die Streeptruie is die naweek vir ’n wyle deur die Bulle tot die vyfde posisie op die puntelys gedwing, maar is tans danksy dié sege met 36 ligapunte weer vierde. Die Bulle het 33.

Die laaste plek in die halfeindronde sal waarskynlik een van hierdie spanne s’n wees en dít sal hulle straks eers oor twee weke weet.

Die WP speel Saterdag in Johannesburg teen die Leeus en die week daarna op Nuweland teen die Pumas. Die Bulle lê die naweek besoek af in Kimberley, waar hulle Griekwas pak en ontvang die Luiperds die week daarna op Loftus Versfeld.

Die Pretorianers kan dus ’n maksimum van 43 ligapunte verdien en tensy die ietwat stotterende Griekwas nie Saterdag hul ou self is nie, sal die Bulle dit waarskynlik vermag.

Die WP het die Leeus vroeër in die seisoen op Nuweland met 28-26 geklop en behoort met enkele uitsonderings dieselfde beginspan te kan kies.

Saterdag in Bloemfontein is die Gautengers deur agtereenvolgende nederlae in die gesig gestaar, maar twee blitsdrieë kort voor die einde van die wedstryd het ’n gelykop-uitslag van 25-elk teen die Cheetahs afgedwing.

Die Leeus het reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer. As hulle oor die volgende twee weke teen die WP en Haaie net 3 ligapunte insamel, sal daar ’n halfeindstryd op Coca-Colapark aangebied word.

Die WP se motivering is straks groter en hy’t gewys dat hy steeds ondanks hordes beserings die pyp teen ’n deurwinterde span soos die Haaie kan rook.

As die WP en Bulle ná ál hul ligawedstryde dieselfde ligapunte het, sal die een met die grootste punteverskil vir die halfeindronde kwalifiseer.

Die WP se punteverskil is tans 88 en die Bulle s’n 17.

Aan die gebruiklike brokkie slegte nuus het die naweek egter nie ontbreek nie.

Nadat die WP-loskopstut, JC Kritzinger, ná twee kniebeserings sy terugkeer gemaak het, het hy sy regterskouer teen die Haaie beseer.

Agterlangs het die blitsvinnige heelagter van die Streeptruie, Heinrich Steyl, sy been beseer.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.