WP verder in knyp

2011-11-02 07:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Westelike Provinsie se losskakel-spens raak al leër voor aanstaande seisoen.

Een van die Kaap se mees belowende generaals, Sam Lane, het Dinsdag op ’n vliegtuig geklim en sal eersdaags by Australië se Rugbyakademie inskakel.

Boonop het die WP nog nie ’n nuwe kontrak met Peter Grant beding om seker te maak dat hy in 2012 vir die Stormers gaan speel nie.

Kevin Foote, afrigter van die Universiteit van Kaapstad, het aan Sport24 bevestig dat Lane sy tasse gepak het.

“Hy sluit hom by die Australiese Rugbyakademie aan en is gister weg,” het Foote gesê.

Lane het reeds in vanjaar se Vodacombeker-reeks sy buiging op senior vlak gemaak, maar het toe ’n ernstige kniebesering opgedoen.

Die gewese Springbok-hulpafrigter Tim Lane­ se seun se naam word nou sterk aan die Mel­bourne­ Rebels gekoppel.

’n Skuif na Australië was vir hom ’n aantreklike opsie omdat hy waarskynlik daar vinniger kans sal kry om Super Rugby te speel.

Grant se agent, Craig Living­stone, het wel gesê dat daar nog gesprekke met die WP gevoer word.

“Peter is tot middel Maart in Japan gekontrakteer. Ons praat nog met die WP. Daar is belangstelling vir ’n nuwe kontrak in Japan, maar hy sal in daardie geval steeds vir Super Rugby beskikbaar wees.”

Die ontwikkelings rondom Grant en Lane volg op die vrystelling van Lionel Cronjé om vir die Blou Bulle te speel.

Sowel die Stormers as die WP se losskakel-reserwes was vanjaar onder yslike druk.

Die Stormers moes vier losskakels – Gary van Aswegen, Grant, Lionel Cronjé en Kurt Coleman – inspan. Dewaldt Duvenage moes soms gedurende wedstryde ook van skrumskakel daarheen skuif.

Van Aswegen kan aanstaande jaar ’n prominente rol vir die Kaapse streekspan speel.

Die Boland se Elgar Watts kan ook ’n aantreklike opsie vir die Stormers wees. Sy swak stelskopwerk het vroeër teen hom getel, maar hy het vanjaar in die Curriebeker se Eerste Liga goed vir die Kavaliers gekorrel.

Van Aswegen het vanjaar se Curriebeker-seisoen as die WP se eerstekeuse-losskakel begin, maar is in die heel eerste wedstryd op Nuweland, teen Griekwas, beseer.

Hy is vervang deur Demetri Catrakilis, wat in sewe agtereenvolgende wedstryde baie belofte getoon het alvorens hy ’n bisepspier teen Griekwas beseer het.

Coleman was toe nog effens krank en het maar by die WP se o.21-span ’n bietjie speelkans gekry.

Isma-eel Dollie is gevolglik met die Curriebeker-pligte opgesaal, maar benewens puik stelskoppe en skoppe uit die hand, het hy gesukkel om sy agterlyn op dreef te kry.

Hy het boonop ’n enkel teen die Blou Bulle beseer, maar in albei sy wedstryde vir die WP is hy mettertyd deur Duvenage op losskakel vervang.

Dollie is toe deur Cronjé vervang, maar hy het twee swak wedstryde beleef en is summier uit die WP se 22-tal gepos toe Catrakilis weer kon speel.

Dié Griek het die WP se laaste drie wedstryde op losskakel waargeneem en was deurgaans voortreflik as stelskopper onder geweldige druk.

Sy taktiese skopwerk was goed, maar hy ontbreek nog ’n tikkie ywer en waagmoed op die aanval.

Gio Aplon het wel teen die Pumas ’n paar minute op losskakel speelkans gekry en het goed vertoon. Hy sal egter vir die Stormers as vleuel en heelagter oorweeg word.
 
Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: westelike provinsie  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.