WP te sterk vir Griekwas
2011-09-03 16:44
Kimberley – Griekwas het verbete teruggeveg, maar die Noord-Kapenaars was op die ou end nie sterk genoeg vir die Westelike Provinsie nie.
Die Poubloues moes Saterdag op GWK-park in Kimberley die knie buig voor 'n vasberade WP-span, wat uiteindelik met 'n telling van 41-35 koning gekraai het in dié twee spanne se Curriebeker-stryd.
Puntemakers:
Griekwas
Drieë: Rudi Vogt (2), Davon Raubenheimer (2), Marnus Schoeman.
Doelskoppe: Vogt (2).
Strafskoppe: Vogt, Riaan Viljoen.
Westelike Provinsie
Drieë: Tiaan Liebenberg, Nick Koster, Dewaldt Duvenhage, Conrad Jantjes, JJ Engelbrecht (2), Johann Sadie.
Doelskoppe: Demetri Catrakilis (3).
– Volg Nuus24Sport op Twitter.
- Nuus24