WP se Lionel word 'n Bul
2011-09-19 15:23
Kaapstad – Die Blou Bulle maatskappy het Maandag aangekondig dat Lionel Cronjé, agterspeler van die WP, 'n kontrak van twee jaar met die Ligbloues gesluit het.
Die 22-jarige losskakel, wat ook op heelagter kan diens doen, het die afgelope twee seisoene vir die WP in die Curriebeker- en die Stormers in die Super Rugby-reeks uitgedraf. Maar herstel tans van 'n knie-operasie.
"Die geleentheid by die Bulle is 'n kans waarna ek baie uitsien. Ek wil graag glo dat my beste jare as speler nog voor my lê en dat ek 'n bate vir die Bulle sal wees," het Cronjé oor die skuif gesê.
Hy sal in November by die Bulle aansluit en sy aanvanklike kontrak sal op 31 Oktober 2013 verstryk.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24