WP se Lionel draf uit teen Vrystaat
2011-09-22 15:17
Kaapstad – Die Westelike Provinsie het Lionel Cronjé op losskakel gekies vir die Curriebeker-kragmeting Saterdag met die Vrystaat-Cheetahs op Nuweland in Kaapstad.
Cronjé vervang Ishma-eel Dollie wat die laaste twee Curriebeker-wedstryde die WP se man in die nr. 10-trui was.
Die ander noodgedwonge verandering mag dalk Johan Sadie, wat siek is met 'n maagvirus, op senter wees.
Danie Poolman sal vanaf die vleuel-posisie na senter oorskuif as Sadie nie betyds vir Saterdag se kragmeting herstel nie.
Westelike Provinsie:
15 Conrad Jantjes, 14 Danie Poolman, 13 Johann Sadie, 12 Marcel Brache, 11 JJ Engelbrecht, 10 Lionel Cronje, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nick Koster, 7 Tertius Daniller, 6 Nick Fenton-Wells, 5 De Kock Steenkamp, 4 Hilton Lobberts, 3 Brok Harris, 2 Tiaan Liebenberg (kaptein), 1 JD Moller
Plaasvervangers: 16 Deon Fourie, 17 Frans Malherbe, 18 Nizaam Carr, 19 Siya Kolisi, 20 Louis Schreuder , 21 Berton Klaasen, 22 Heinrich Steyl
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24