WP klop Pumas
2011-10-15 19:23
Kaapstad – Die Westelike Provinsie (WP) het hulself ‘n plek in die Absa Curriebeker semi-finaal bespreek deur die Pumas te klop.
WP het die Pumas Saterdag op Nuweland met 43-18 geklop. Teen halftyd was die telling 24-8 in WP se guns.
WP se oorwinning met 'n bonuspunt, beteken dat die Blou Bulle ondanks 'n reuse oorwinning oor die Luiperds, nie in die volgende ronde van die kompetisie sal speel nie.
WP sal volgende Saterdag teen die Goue Leeus te staan kom.
Puntemakers:
Westelike Provinsie
Drieë: Jean de Villiers, Deon Fourie, Juan de Jongh, Siya Kolisi, JJ Engelbrecht, Bryan Habana
Doelskoppe: Demetri Catrakilis (3), Conrad Jantjes (2)
Strafskop: Catrakilis
Pumas
Drieë: Jaco Bouwer, RW Kember
Doelskoppe: Carl Bezuidenhout
Strafskoppe: Bezuidenhout (2)
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.