WP gryp Curriebeker-kroon
2012-10-27 18:55
Durban – Die tuisveldvoordeel was vir die Haaie nie genoeg in Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen die Westelike Provinsie nie, en dit was die Kapenaars wat ná 80 minute se naelbyt-aksie die trofee omhoog kon hou.
Die eindtelling was 25-18, ná die WP teen halftyd met 13-12 voorgeloop het.
"Julle was waardige opponente, en dit was 'n fantastiese wedstryd," het Keegan Daniel, die Haaie se kaptein, tydens die oorhandigingseremonie ná die wedstryd gesê.
"Dit is ongelooflik teleurstellend, maar ons is volgende jaar terug."
Deon Fourie, die WP se kaptein, het sy spanmaats bedank, en gesê die Haaie was waardige opponente.
"Ek dink Keegan en die span het die hele jaar lank hulle mededingende kant gewys," het hy gesê.
"Ons het die hele seisoen lank gewys ons het karakter, en ons het geveg tot die einde. Ek is vanaand 'n trotse kaptein."
Puntemakers:
Haaie
Strafskoppe: Patrick Lambie (6)
Westelike Provinsie
Drie: Juan de Jongh
Doelskop: Demetri Catrakillis
Skepskoppe: Demetri Ctarakillis (2)
Strafskoppe: Demetri Catrakillis (3), Joe Pietersen
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Nuus24