WP gaan ál sy Bokke laat speel

2011-10-13 08:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Allister Coetzee, hoof-afrigter van die Westelike Provinsie, wou nog Maandag sy meegevoel met sy ses Wêreldbeker-Bokke betuig toe dié wou weet waar hulle vir hul eerste Curriebeker-rugbyoefening moet aanmeld.

Hulle is Schalk Burger, Jean de Villiers, Jaque Fourie, Gio Aplon, Juan de Jongh en Bryan Habana.

“Man, ek het skaars begin praat toe hulle soos een man sê hulle wil deel van ons Curriebeker-veldtog wees. Ál ses is dus beskikbaar om Saterdag teen die Pumas te speel.

“En dit spreek boekdele van die ouens se ingesteldheid teenoor die WP-span en wat ons wil bereik,” het Coetzee gister gesê.

De Jongh het gisteraand eers in die Kaap aangekom en nog nie geoefen nie. Hy het wel op Twitter op ’n ondersteuner se vraag gereageer: “(Sal) moet sien tjom, sal graag in die blue & white hoops wil speel.”

Volgens Coetzee het die Springbokke nog “rou wonde” ná Sondag se kwarteind-nederlaag teen Australië en hy sou verstaan het indien hulle nie nou al wou speel nie.

“Maar hierdie nuwe omgewing met vars doelwitte lyk of dit ook help om daardie seer te verwerk. En die entoesiasme waarmee hulle dit doen, is goed vir almal van ons,” meen hy.

Vanweë die Wêreldbeker-program het die Springbokke nie verwag om vanjaar weer Curriebeker-rugby te speel nie, maar volgens Coetzee het die WP se kans om hierdie naweek vir die halfeindronde te kwalifiseer as ’n geelwortel vir hul deelname gedien.

“Ons Bokke het iets om voor te speel. Dis ook ’n kans om vir verlede jaar se teleurstelling in die eindstryd (teen die Haaie) te probeer vergoed,” het die breier verduidelik.

Boonop kan vanjaar hul laaste proesel Curriebeker-rugby wees. Die veronderstelde sesspan-kompetisie van volgende jaar gaan straks met die verlengde Super Rugby-reeks oorvleuel. Dié word in Junie tydelik vir die Viernasies-reeks onderbreek. Teen die tyd dat die Super Rugby-reeks sy uitspeelrondes bereik, behoort die Curriebeker-reeks al aan die gang te wees.

Maar vir nou is Coetzee al te dankbaar dat die Bokke terug is in streeptruie.

“Dit voel amper onwerklik, want ons het vanjaar al soveel beserings gehad en ons moes dikwels diep delf om 22 spelers te hê wat fiks is.

“Die jong spelers verdien krediet daarvoor dat ons nog vir die uitkloprondes kan kwalifiseer. Ek is seker hierdie seisoen gaan ons op die langtermyn bevoordeel.

“Mense lag mos maar as ’n ou van ou gesegdes gebruik maak. Maar ek sê jou daardie wolk met ’n silwer randjie en die lig aan die einde van die tonnel is nou ’n groot waarheid vir ons,” het Coetzee in ’n kalm stemtoon gesê. 

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.