Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

WP, blaser maak vrede

2009-10-07 06:48
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Westelike Provinsie het die vredespyp met Marius Jonker gerook en sy aanstelling as skeidsregter vir Saterdag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Leeus op Coca-Colapark maak die WP nie “vreesbevange” nie.

Jonker was verlede maand ’n ongewilde man in die WP-kamp ná ’n strafskoptelling van 16-1 vir die Vrystaat-Cheetahs én die toekenning van ’n strafdrie in die doodsnikke.

Dit het die Streeptruie tot ’n nederlaag van 31-33 verdoem.

“Marius het die Donderdag ná die Cheetah-wedstryd van Richardsbaai af Kaapstad toe gevlieg en ons het saam deur die beeldmateriaal gewerk,” sê die WP se senior profes­sionele afrigter, Rassie Erasmus.

“Ons beskou dit nie meer as ’n kwessie nie, want die lug is lankal gesuiwer.”

Jonker het gister aan Sport24 die hoop uitgespreek dat sy besluite Saterdag nie wéér ’n gesprekspunt sal wees nie.

“Ek hoop ál gesprekspunt ná die wedstryd is die goeie rugby wat deur albei spanne gespeel is,” sê Jonker.

Hy het vanjaar gewys dat hy bereid is om groot besluite te neem – en het sowel die WP as die Leeus die harnas in gejaag.

Die Leeus was erg omgekrap omdat Jonker in hul kragmeting met Griekwas in Kimberley nie die TV-skeidsregter oor ’n beslissing geraadpleeg het wat tot ’n moontlike drie kon lei nie.

Die Leeus is met 36-31 geklop.

Die Leeus sê Jonker moes die mening van die TV-skeidsregter gepols het voordat hy ’n skrum beveel het.

Vroeër vanjaar het Jonker in die Super14-kragmeting tussen die Lions en Waratahs beslis dat André Pretorius se aangee na Deon van Rensburg vorentoe was.

Dit was in die laaste minuut en die Lions het ’n nederlaag van 33-38 gely. As hy die drie toegeken het, sou die telling 38-elk gewees het – met die doelskop wat op Pretorius gewag het.

Dis nie toevallig nie dat die WP vandeesweek klem op die afbreekpunte geplaas het.

Die Streeptruie se afrigter, Allister Coetzee, sê die Leeus is baie gedug by die afbreekpunte.

Dis seker waar, maar Jonker het die WP teen die Cheetahs kwaai by die afbreekpunte laat deurloop.

“Ek blaas soos ek dit sien.

“Ek het nie werklik ’n tendens in die WP se spel (teen die Cheetahs) teëgekom nie en miskien het hulle net een van dáárdie dae gehad,” sê Jonker.

“Jy het nie vooroordele in ’n wedstryd nie.

“Ek en Rassie het lekker gesels en daar is nie drama nie.

“Dis weer twee spanne met goeie lostrio’s, so ek verwag daar sal groot wedywering by die afbreekpunte wees.”

- Die Burger
 

Lees meer oor: leeus  |  wp  |  rugby
VOLGENDE OP NUUS24X

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.