WP aan die wenkant op Nuweland
2011-09-10 17:57
Kaapstad – Die Westelike Provinsie het Saterdag oor die Luiperds geseëvier in dié twee spanne se Curriebeker-stryd op Nuweland in Kaapstad.
Die streeptruie het voor hul tuisskare met 'n telling van 49-21 gewen, en bly dus in die tweede plek op die Curriebeker-punteleer.
Die Westelike Provinsie se Tiaan Liebenberg was ná die wedstryd vol lof vir die Luiperds, wat veral in die eerste helfte sterk vertoon het.
"Die Luiperds het baie, baie goed gedoen in die eerste helfte," het Liebenberg erken. "Ek dink hulle wou regtig goed speel as 'n span."
Puntemakers:
WP
Drieë: Tertius Daniller, Nick Fenton-Wells, Danie Poolman, Nic Groom, Brok Harris, Siya Kolisi
Doelskoppe: Isma-eel Dollie (3), Dewaldt Duvenhage (2)
Strafskoppe: Isma-eel Dollie (3).
Luiperds
Drieë: Whestley Moolman, Joubert Engelbrecht, Hoffman Maritz.
Doelskoppe: Clayton Durand (2), Andrew van Wyk.
– Volg Nuus24Sport op Twitter.
- Nuus24