WP-8 sal Saterdag geweeg word

2010-08-11 07:52
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Dis vir alle praktiese doeleindes ’n geval van “toetsrugby” wat Saterdag op die Westelike Provinsie in hul Curriebeker-rugbywedstryd teen die Blou Bulle op Nuweland wag.

Matthew Proudfoot, voorspeler-afrigter van die WP, glo dié kragmeting sal die maatstaf wees om te sien hoe sy pak ontwikkel het sedert hy in die Super14-eindstryd in Soweto deur die Bulls verniel is.

Al sou wraaksug geen doel dien nie, het die Super14-eindstryd motivering op ’n ander vlak ontketen.

“Dit was beslis motivering om introspeksie te doen en het die saadjie geplant vir die koers wat ons sedertdien ingeslaan het,” sê Proudfoot.

“Ons sal nou sien watter vordering gemaak is. Hierdie wedstryd sal vir die voorspelers ’n blik bied op hoe goed hulle werklik is.”

Terwyl die Bulls sonder sterre soos Victor Matfield, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Pierre Spies en Gurthrö Steenkamp onder hul voorspelers moet regkom, verwag Proudfoot dieselfde soort uitdaging as gewoonlik.

“Die Bulls het ’n baie goeie pak en hul speelstyl verander nie, ongeag die spelers. Gary Botha lei die span baie goed. Ons verwag ’n baie fisieke wedstryd,” sê Proudfoot.

“Vir diegene wat nie toetsrugby speel nie, is ’n wedstryd teen die Bulle so naby as wat jy andersins daaraan kan kom.”

Proudfoot se woorde sal as motivering dien vir manne soos die haker Tiaan Liebenberg en die agtsteman Duane Vermeulen. Albei is ondanks goeie spelpeil sedert begin vanjaar nog nie met plekke in die Bok-groep beloon nie.

Liebenberg en Botha word deur menige kenner as Suid-Afrika se voorste hakers benewens Bismarck du Plessis beskou.

Dis slegs die Springbok-kaptein, John Smit, se reputasie wat hom tans in die nasionale opset hou, terwyl selfs die parlementêre portefeuljekomitee oor sport behoort te sukkel om die keuse van Chiliboy Ralepelle as sy adjudant te regverdig.

Dit maak die tweestryd tussen Liebenberg en Botha ’n heerlike vooruitsig, en hopelik sorg dit vir ’n hoogtepunt.

Die Streeptruie moet wel sonder Francois Louw in die lostrio regkom, terwyl Juan de Jongh en Gio Aplon agterlangs ook vanweë Bok-verpligtinge nie beskikbaar is nie.

Dit kan straks Rynhardt Elstadt weer as flank in die prentjie bring, terwyl Tim Whitehead vir De Jongh behoort te vervang.  

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.