Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

WB-sondaar lei Wallis teen Aussies

2011-11-30 09:56
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein. – Wallis se Wêreldbeker-sondaar, Sam Warburton, is terug op sy pos en sal Saterdag in die Millennium-stadion in Cardiff sy rugbyspan se aanslag teen Australië lei.

Die insluiting van Wallis se kaptein is een van ses veranderings wat sy afrigter, Warren Gatland, aangebring het aan die span wat in sy laaste toets – teen die einste Wallabies in die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland – vasgeval het.

Warburton was weens ’n skorsing ná die Rooi Drake se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Frank­ryk nie in hul uitspeelstryd om die derde plek teen die Aussies in aksie nie.

Dié flank het vroeg in sy span se nederlaag van 8-9 teen die Hane ’n gevaarlike duikslag uitgevoer en is ná ’n rooikaart van die veld. Sy span moes daarna vir 63 minute met 14 spelers klaarkom.

Benewens Warburton se terug­keer, sal die slot Ian Evans die eerste keer in drie jaar vir sy land uitdraf en die stut Scott Andrews is die eerste keer in die beginspan.

Evans vervang die beseerde Luke Charteris (gewrig) en Andrews Adam Jones (kuit).

Die senter Scott Williams speel in die beseerde Jonathan Davies (lies) se plek.

Die tuisspan sal ook met ’n nuwe skakelpaar uitdraf. Lloyd Williams speel in Mike Phillips se skrumskakel-trui en Rhys Priestland begin as losskakel.

James Hook en Phillips is onderskeidelik nie deur hul Franse klubspanne, Perpignan en Bayonne, vrygestel nie, aangesien die kragmeting buite die Internasionale Rugbyraad se vensterperiode vir toetse val.

Die veteraan-vleuel Shane Williams sal in sy laaste toets speel en is een van nege spelers wat vir Wallis se Wêreldbeker-nederlaag teen die Wallabies wil vergoed.

Die Aussies was naelskraap baas met 21-18.

Gatland meen die 34-jarige Williams, wat in sy 87ste toets speel, kon nie vir ’n beter swanesang gevra het nie.

“Dit gebeur nie aldag in beroepsport dat ’n speler die geleentheid kry om sy internasionale uittrede aan te kondig en dan sy laaste wedstryd voor sy tuisskare te speel nie,” het Gatland aan walesonline gesê.

Die afrigter hoop Wallis se ondersteuners groet dié legende op ’n gepaste wyse.

Die Walliese span is: Leigh Halfpenny, George­ North, Scott Williams, Jamie Roberts, Shane Williams, Rhys Priestland, Lloyd Williams, Toby Faletau, Sam Warburton (k), Dan Lydiate, Ian Evans, Bradley Davies, Scott Andrews, Huw Bennett, Gethin Jenkins. PLAASVERVANGERS: Matthew Rees, Ryan Bevington, Ryan Jones, Justin Tipuric, Tavis Knoyle, Dan Biggar, Alex Cuthbert.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: wallis rugby  |  wallabies
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Rugby-kommentaar

Ria Cook sê... Meer mense moet begin uitvaar teen die skeidsregters. Sommige beslissings in vanjaar se Superrugby skrei ten hemele! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Pretoria - 17:57 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive Northbound
    DELAYS between Silver Lakes and Mamelodi East
  • Thursday Cresta - 17:57 PM
    Road name: Beyers Naude Drive Westbound
    DELAYS through Cresta towards the N1 Interchange
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.