'Vurige' Engelse beïndruk Brendan

2012-02-06 10:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg. – Die vuur wat Engeland in Saterdag se sukkelsege in die Sesnasies-reeks met 13-6 oor Skotland op Murrayfield gewys het, dui op goeie dinge vir die span se toekoms.

Só glo Brendan Venter wat as tegniese direkteur van Saracens verskeie van sy rugbyklub se spelers as nuwelinge in die Engelse toetsspan dopgehou het.

Engeland toer in Junie na Suid-Afrika en gaan in drie toetse teen die Springbokke speel. Dit sal ook die nuwe Bok-breier, Heyneke Meyer, se eerste groot vuurdoop wees.

Saterdag het die Engelse tussentydse afrigter, Stuart Lancaster, wat nog nie weet of hy die span in Suid-Adfrika sal slyp nie, met ’n uiters onervare span geseëvier en anders as baie ander kenners, was Venter beïndruk met die jong Engelse.

“As ’n span met vuur speel, kan dit ’n groter toets wees as wanneer ’n geoliede span sonder vuur speel. Dit is ’n nuwe span en hulle (spelers) het gespeel soos ’n nuwe span waarin die kombinasies nog redelik onbekend is. Maar hulle gaan net beter word.

“Dit is moeilik om hulle aanvanklik te meet, maar hul veggees wás indrukwekkend.”

Skotland kon ondanks heelwat balbesit en verskeie kanse nie die Engelse doellyn oorsteek nie.

“Ek dink Engeland was die beste span,” het Venter gesê.

“Die kere dat Skotland die lyn gebreek het, was gewone verdedigingsfoute, nie struktuurfoute nie.”

Venter het Engeland se Suid-Afrikaanse tweetal van Brad Barritt (senter) en Mouritz Botha (slot) uitgesonder. “Brad en Mouritz was sleutelspelers in die verdedigingspatroon. Brad het ongelooflik verdedig.”

Intussen was Lancaster verheug dat sy span gewen het, ongeag hoe moeilik dit was.

“Dit (Murrayfield) is ’n moeilike plek om te kom wen, daarom was dit ’n baie goeie uitslag,” het hy volgens planet-rugby.com gesê.

“Daar was nog heeltyd vertroue in dié nuwe spelers gewees en ons is bly ons is van die merkie af. Maar dit is maar net stap een.”

Puntemakers:Engeland 13 (3): Drie: Charlie Hodgson. Doelskop: Owen Farrell. Strafdoele: Farrell (2). Skotland 6 (6): Strafdoele: Dan Parks (2).

*In Dublin het Wallis Sondag ’n rillerstryd met 23-21 oor Ierland met ’n strafdoel in die laaste minuut se speeltyd beklink.

’n Twyfelagtige beslissing van die blaser, Wayne Barnes, oor ’n boorvat deur die Ierse flank Stephen Ferris het tot die strafdoel gelei waarmee Wallis se Leigh Halfpenny die stryd gewen het.

Wallis het juis in verlede jaar se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Frankryk in die stof gebyt nadat sy kaptein, Sam Warburton, vroeg weens ’n boorvat met ’n rooikaart van die veld gejaag is.

Sondag het ’n soortgelyke storie hom byna afgespeel toe die Rooi Drake se Bradley Davies met 15 minute se speeltyd oor weens ’n boorvat na die koelkas gejaag is.

Net daarna het Ierland se Tommy Bowe ’n drie gaan druk.

Maar Ferris se boorvat is daarna ewe streng gestraf en Halfpenny kon dié sensasionele wedstryd wen.

Puntemakers: Wallis 23 (5): Drieë: Jonathan Davies (2), George North. Doelskop: Leigh Halfpenny. Strafdoele: Halfpenny (2). Ierland 21 (10): Drieë: Rory Best, Tommy Bowe. Doelskop: Jonathan Sexton. Strafdoele: Sexton (3).

*In Saterdag se ander wedstryd het Frankryk redelik gemaklik teen Italië met 30-12 gewen.

Puntemakers: Frankryk 30 (15): Drieë: Aurelien Rougerie, Julien Malzieu, Vincent Clerc, Wesley Fofana. Doelskoppe: Dimitri Yachvili (2). Strafdoele: Yachvili (2). Italië 12 (6): Strafdoele: Kristopher Burton (2), Tobie Botes. Skepdoel: Burton.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: engeland rugby  |  sesnasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.