Vrystaat wil Haaie se resep gebruik

2010-08-25 07:14
Tweets Share Share line Print


Bloemfontein - Die Vrystaat-rugbyspan kan gerus vir Vrydag se Curriebeker-wedstryd teen die Westelike Provinsie by die Haaie kers opsteek oor hoe om die Kapenaars te troef.

Dit wil lyk asof die Durbaniete vanjaar ’n wenresep gevind het om ’n sterk Kaapse span hok te slaan en daarom kan die Vrystaters daarna loer.

Die Haaie het nie net Saterdag in Durban die Streeptruie hul eerste loesing van die Curriebeker-reeks met 27-16 toegedien nie, maar die Sharks was ook daar met 20-14 oor die Stormers in die Super14-reeks baas.

Boonop was die Kapenaars voor albei dié kragmetings die gunstelinge en moes hul teenstanders op hul beste wees om te kon seëvier.

Die WP was voor sy nederlaag teen die Haaie byna onstuitbaar en die Stormers het uiteindelik die Super14-eindstryd gehaal.

Volgens Hawies Fourie, agterlynafrigter van die Vrystaat, het die Haaie beslis die WP met ’n goeie plan getroef.

“Die Haaie het die Kapenaars in die Super14 en Curriebeker met min of meer dieselfde resep geklop. Dit het hulle gedoen deur baie met hul voorspelers en meer direk te speel.

“Die WP maak gewoonlik seker dat daar nie te veel spelers by losgemale betrokke is nie en die Haaie het dit reggekry om meer van hulle in te trek.

“Ouens soos die haker, Bismarck du Plessis, en die flank Willem Alberts het die Haaie goeie momentum op die aanval gegee, terwyl die agtsteman, Ryan Kankowski, ook baie goed was. Daar is min spelers met Kankow¬ski se vaart en krag wat ’n drie soos syne teen die WP kan druk,” sê hy.

Die Cheetahs het in hul agtsteman, Ashley Johnson, haker, Adriaan Strauss, en die stut Coenie Oosthuizen genoeg slaankrag om soos die span van KwaZulu-Natal te kan maak.

Hoewel die Vrystaat in 2010 gesukkel het om as ’n span te speel, was dié drie as spelbrekers dikwels staatmakers en sal hul vertoning teen die WP deurslaggewend wees.

Boonop het agterspelers soos die senter Robert Ebersohn ook teen die Luiperds op die voorgrond getree en is dit veral verblydend voor die eerste wedstryd van die tweede ronde van die Curriebeker-reeks.

Fourie meen dit was belangrik vir die Cheetahs se selfvertroue dat hulle teen die Luiperds goed aanval, maar sê hulle het steeds te veel onnodige foute soos aanslane begaan.

“Die groot ding is dat ons met dieselfde dringendheid waarmee ons teen die Luiperds gespeel het, teen die WP moet speel. As jy iets teen die WP skep, moet jy gaan druk, anders gaan jy nie die wedstryd wen nie,” sê hy.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.