Vrystaat wil Haai-ysters met flair troef

2011-10-22 09:16
Tweets Share Share line Print

Durban – As daar nie vandag hier onverwags water in die Haaitenk beland nie, sal die Cheetahs, soos op die Vrystaatse vlaktes, voet in die hoek sit.

Die besoekers beplan nie om nou in die halfeindstryd van hul aanvallende benadering in die Curriebeker-rugbyreeks af te wyk nie.

Volgens Naka Drotské, die Vrystaters se afrigter, sal sy span waarskynlik met sy suksesvolle hardloopresep volhard, selfs al is dit ’n uitklopwedstryd.

Die Vrystaters het die Haaie in die spanne se vorige ontmoeting in die Vrystaat-stadion dronk gehardloop en ’n oortuigende sege van 53-32 behaal.

Maar, en dis ’n Springbok-belaaide maar, die Haaie draf dié keer met heelwat skerper tande en beslis ’n groter honger uit.

Buiten hul agtsteman, Ryan Kankowski, wat die Vrystaters al dikwels hoofpyne besorg het, speel die tuisspan met ’n hele klomp honger Wêreldbeker-Bokke wat nou die Goue Beker in plaas van die Webb Ellis-beker jag.

Die Haaie se haker, Bismarck du Plessis, die stutte, Jannie du Plessis en Beast Mtawarira, die flank Willem Alberts, die vleuel JP Pietersen en die heelagter, Patrick Lambie, het twee weke gelede stert tussen die bene van Nieu-Seeland af teruggekeer.

Boonop het dit verlede week hier teen ’n verswakte Leeus-span gelyk asof John Plumtree (breier) se Bokke met meer gemak as gewoonlik by hul provinsiale spanmaats ingeskakel het.  Almal van hulle, behalwe Mtawarira, was in die slagting van 53-9 teen die Rooibontes in aksie.

Dus is die Vrystaat die buiteperd, ’n posisie waarvan hy hou – veral teen die Haaie.

En met ’n sonskyndag van 30°C wat voorspel word, sal Drotské nie nodig hê om jong sterre soos sy losskakel, Johan Goosen, of die senter Robert Ebersohn aan te moedig om hul Vrystaatse flair ten toon te stel nie.

“Die enigste ding wat ons anders sal doen, is om ’n bietjie minder in ons eie halfgebied te speel, maar dit sal ook afhang van die humiditeit en of die bal glad is.”

Dit het gelyk asof die toestande verlede naweek nie juis ’n groot invloed op die wedstryd tussen die Haaie en die Leeus gehad het nie.

“Indien dit wel so is dat ons die bal kan rondgooi, sal ons só maak. Ons sal nie afwyk van ons normale patroon nie,” sê Drotské.

Hoewel Kankowski nie by die Wêreldbeker-veldtog betrokke was nie, beskou die Cheetahs hom as die groot gevaarman in die Haaie se span en is daar spesifiek planne beraam om hom hok te slaan.

Die spanne is:

Haaie: Patrick Lambie, Odwa Ndungane, Stefan Terblanche, Marius Joubert, JP Pietersen, Frederic Michalak, Conrad Hoffmann, Ryan Kankowski, Willem Alberts, Keegan Daniel (k), Ross Skeate, Jean Deysel/Anton Bresler, Jannie du Plessis, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Eugene van Staden, Marcell Coetzee, Jacques Botes, Ross Cronjé, Adi Jacobs, Lwazi Mvovo.

Vrystaat: Hennie Daniller, Rayno Benjamin, Robert Ebersohn, Andries Strauss, Cameron Jacobs, Johan Goosen, Pieter van Zyl, Boom Prinsloo, Ashley Johnson, Lappies Labuschagné, Izak van der Westhuizen, Philip van der Walt, WP Nel, Adriaan Strauss (k), Marcel van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Hercu Liebenberg, Trevor Nyakane, Wilhelm Steenkamp, Johan Wessels, Tewis de Bruyn, Sias Ebersohn, Nico Scheepers.

Skeidsregter: Marius Jonker.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

– Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.