Vrystaat het ook sy eie baardman

2011-09-22 10:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Frankryk het vir Sebastien Chabal en die Springbokke vir Geo Cronjé gehad.

Die Leeus se Curriebeker-span spog met Josh Strauss en Kanada se Adam Kleeberger maak opslae by die Wêreldbeker-rugbytoernooi, maar nou het die Vrystaat ook sy eie baardman.

Nee, hy is nie die Vrystaat-losvoorspeler Boom Prinsloo, wat ook ’n baard kan kweek en na wie die slot trek, se broer nie.

Andries Stephanus Ferreira is die Vrystaters se nuwe aanwins en het hom van die Franse klubspan Biarritz tot einde 2012 by die Cheetahs aangesluit.

Die voormalige Jong Bokkie het vroeër vanjaar ’n kontrak van twee jaar met dié Franse Top14-span gesluit, maar is vanweë persoonlike redes vrygestel om na Suid-Afrika terug te keer.

Naka Drotské, die Vrystaat-afrigter, het besluit om sy slot-diepte met dié baardman, wat 117 kg weeg en 1,97 m lank is, aan te vul.

Boonop het die vertrek van Wilhelm Steenkamp, wat hom later by die Blou Bulle aansluit, ’n leemte gelaat.

Die 21-jarige Ferreira het beslis die agtergrond om ’n grote te word en sien uit om deel van die Cheetahs se toekoms te wees.

Hy was in Affies en het die Bulle op die Cravenweek, asook op o.19-, o.21- en Vodacombeker-vlak verteenwoordig.

Hy het ook twee jaar vir die Suid-Afrikaanse o.20-span uitgedraf. Verlede jaar was hy saam met onder meer die Vrystaat-stut Marcel van der Merwe, Bulle-senter Francois Venter en Leeus-heelagter Jaco Taute in dié span. Die vorige jaar was die Vrystaat-senter Robert en -losskakel Sias Ebersohn van sy spanmaats.

Die boorling van Despatch was voor sy vertrek na Biarritz nog in 2011 se Varsitybeker-reeks vir die Tshwane-universiteit van Tegnologie in aksie.

“Ek kan hom nou vir die Curriebeker oorweeg, maar ’n ou kon nog nie veel van hom op die oefenveld sien nie.

“Ek het vir Andries gesê hy is vir nou back up en ons wil hom graag vir 2012 begin kondisioneer,” sê Drotské.

Ferreira het by Biarritz saam met bekendes soos Iain Balshaw, Dimitri Yachvili en Damien Traille gespeel.

“Ek voel daar is geleenthede by die Cheetahs om Super Rugby en dalk selfs later vanjaar Curriebeker te speel.

“Die skuif is goed vir my toekoms. Hier is ’n klomp jong ouens soos Coenie Oosthuizen, Lappies Labuschagné, Johan Goosen, Heinrich Brüssow, asook Sias en Robert Ebersohn wat hier bly.

“Daar is ’n paar groot jare wat vir die Vrystaat voorlê,” sê Ferreira.

Hy glimlag wanneer hy oor sy baard uitgevra word.

“Toe ek Frankryk toe is, het ek net besluit om nie weer te skeer nie.”

Hy sê die baard is ook deels om godsdienstige redes en dat hy dit wel in die toekoms sal afskeer.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.