Vrystaat haak Pumas
2010-08-07 17:59
Witbank - Die Vrystaat-Cheetahs is weer terug op die wenpad nadat hulle die Pumas Saterdag met 45-30 in hul Curriebeker-kragmeting in Witbank geklop het.
Die Cheetahs kon eers in die 18de minuut die voortou neem nadat stut Coenie Oosthuizen oorgeval het vir die eerste drie van die wedstryd.
Die rustydtelling was 24-16 in die guns van die Vrystaters.
In die tweede helfte het die besoekers domineer met die bal wat wyd in die agterlyn versprei is.
Die Pumas het twee troosdrieë in die laaste twee minute van die wedstryd gedruk.
Puntemakers:
Pumas: Drieë: Shaun Venter, Jacques Coetzee, Carl Bezuidenhout Doelskoppe: Ricardo Croy (2), Elgar Watts Strafskoppe: Ricardo Croy (3)
Cheetahs: Drieë: Coenie Oosthuizen, Hendro Scholtz, Jongi Nokwe, Louis Strydom, Robert Ebersohn, Meyer Bosman Doelskoppe: Louis Strydom (4) Sias Ebersohn (2) Strafskoppe: Louis Strydom
Die Pumas se volgende kragmeting is teen die Griekwas in Kimberley terwyl die Cheetahs teen die Leeus in Johannesburg sal kragte meet.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24