Vrystaat bo in buurstryd teen Griekwas
2010-09-03 20:05
Kimberley - Goeie verdediging deur die Vrystaat-Cheetahs in die laaste helfte van hul Curriebeker-kragmeting teen die Griekwas het aan die Blikore 'n oorwinning van 33-28 Vrydag in Kimberley gegee.
Vir die Griekwas raak die pad na 'n plek in die Curriebeker-halfeindrondes nou al steiler.
Die Vrystaat-Cheetahs het nie goed gespeel in die eerste helfte nie, maar die span se spelpeil het in die tweede helfte stukke verbeter.
Balbesit het in die laaste tien minute van die wedstryd aan die Griekwas behoort en twee minute voor die eindfluitjie kon die agsteman Burger Schoeman 'n drie vir die tuisspan druk.
Ongelukkig was dit nie genoeg om die kragmeting in die guns van die Poubloues te swaai nie.
Puntemakers:
Griekwas: Drieë: Naas Olivier, Cecil Kemp, Burger Schoeman Doelskoppe: Naas Olivier (2) Strafskoppe: Naas Olivier (2) Skepskop: Naas Olivier
Vrystaat-Cheetahs: Drieë: Ashley Johnson, Jongi Nokwe (2) Doelskoppe: Louis Strydom (3) Strafskoppe: Louis Strydom (3) Meyer Bosman
Die Griekwas se volgende kragmeting is teen die Leeus in Johannesburg terwyl die Vrystaat-Cheetahs die Blou Bulle in Bloemfontein pak.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA