Vraagtekens hang oor Barry

2011-11-30 07:07
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth – Is die oud-Springbok De Wet Barry se dae as rugbyspeler getel – of gaan dié veteraan weer vir die Oostelike Provinsie-Kings speel?

Dít is die vraag waaroor in Oos-Kaapse rugbykringe gegis word nadat ’n mediakonferensie waar Barry se toekomsplanne duidelik gemaak sou word Dinsdag op die nippertjie gekanselleer is.

Voor dit is algemeen aanvaar dat Barry (33) sy stewels sou ophang en die Kings se verdedigingsafrigter sou word. Hy het dié werk reeds verlede jaar gedoen terwyl hy ná ’n tweede ernstige skouerbesering aangesterk het.

Sy naam verskyn ook met dié titelbeskrywing in die OP Rugbyunie se jaarverslag as deel van die OP se personeel.

Barry het die afgelope seisoen die een frustrasie ná die ander beleef. In November 2010 het hy ’n skoueroperasie ondergaan en was hy vir ongeveer vier en ’n half maande nie op die speelveld nie.

Toe hy eindelik sy kans kry, in Maart vanjaar in ’n Vodacombeker-wedstryd teen die Leeus, het die beseringspook wéér toegeslaan. Barry is ná net sowat 25 minute met nóg ’n skouerbesering van die veld af.

Hy het toe op die Kings se webwerf geskryf dat “beserings maar deel van rugby is”.

Hoewel hy toe as die Kings se verdedigingsafrigter begin werk het, was dit ook duidelik dat dié veteraan van ongeveer 250 eersterangse wedstryde steeds na aksie gehunker het.

Dít is darem nie die manier waarop enige speler sy loopbaan wil afsluit nie.

Barry is steeds ’n voorbeeld vir enige jong speler wanneer dit by toewyding kom.

Hy is fiks en, sy ouderdom ten spyt, kan hy steeds vir die Kings van waarde wees as speler – mits die beserings wegbly.

Sy naam verskyn tussen dié van die Kings se gekontrakteerde spelers, maar Alan Solomons, die Kings-breier, wou nie oor sy toekoms as speler gesels nie. Dít is waar die idee posgevat het dat Barry as verdedigingsafrigter sou voortgaan.

Nou wonder ondersteuners of Barry tog wel weer sy rugbystewels gaan aantrek.

- Die ander gekontrakteerde senters in die Kings-groep is Jaco Bekker, Siyanda Grey, Wayne Stevens en Matthew Tayler-Smith. Paul Perez (vleuel), Shane Gates (losskakel) en Tiger Mangweni (heelagter) kan ook in dié posisie oorweeg word.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
 

Lees meer oor: de wet barry  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.