Vleuel-krisis in Vrystaat voor stryd teen Leeus

2010-09-28 08:04
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die Vrystaat-rugbyspan sal nie net Saterdag hier teen die Leeus en vir die res van die Curriebeker-reeks sonder sy Springbok-vleuel Jongi Nokwe moet klaarkom nie, maar moet langtermyn-planne maak om hom te vervang.

Die Cheetahs het Dinsdag die slegte nuus gekry dat Nokwe sy knieligamente geskeur en sowat agt maande buite aksie kan wees.

Dié Bok moes in Vrydag se kragmeting met die Pumas die veld weens ’n seer knie verlaat en die Vrystaatse afrigtingspan het toe al vir die ergste gevrees.

Nokwe het gister ’n skandering ondergaan en volgens Ian Morris, spandokter van die Cheetahs, het die vleuel sy kruis- en mediale knieligamente geskeur.

“Hy word Vrydag gesny. Daar sal ná die operasie meer duidelikheid wees oor hoe lank hy nie kan speel nie,” sê Morris.

Met Nokwe uit is die tuisspan in ’n doodloopstraat voor hul kragmeting met die Leeus nadat sy vleuels “opgedroog” het.

Danwel Demas het vroeër vanjaar in Italië gaan speel en MJ Mentz slyp saam met die Blitsbokke vir die Statebondspele.

Boonop wag die Vrystaters om te hoor wat die Vrystaatse hooggeregshof oor Lionel Mapoe beslis.

Mapoe is midde in ’n kontrakgeskil tussen die Vrystaat en die Haaie oor sy dienste en weier, ondanks ’n vroeëre uitspraak van ’n arbiter, om hom by die Cheetahs aan te sluit.

“Uitspraak in die hofsaak word vandeesweek verwag.

Die Vrystaat kan dus met twee senters as vleuels teen die Leeus uitdraf.

Die senter Philip Snyman speel vanjaar goeie rugby as regtervleuel in die afwesigheid van erkende vleuels.

Een van Corné Uys of JW Jonker, albei ook senters, kan nou op die ander punt ingespan word.

Ná Nokwe se besering sal die Cheetahs ook met die oog op 2011 se Super15-reeks hul vleuel-diepte moet versterk.

Die Griekwas-ster Bjorn Basson sluit hom ná die Curriebeker-reeks by die Blou Bulle aan en is dus ook vir die Cheetahs in die Super-reeks verlore.

Juis daarom kan die Blitsbok Ryno Benjamin, wat hom in 2011 by die Vrystaat aansluit, dalk gouer as aanvanklik verwag speelkans kry.

Hy het al vir die Stormers en die Lions diens gedoen.

Intussen hoop Naka Drotské, die Vrystaat-breier, dat die ekstra druk op sy span vanweë die Leeus se sege oor die Haaie die beste uit hom sal haal.

Die wenner van dié wedstryd sal waarskynlik na die halfeindronde deurdring.

“Daar is beslis meer druk op ons. Die Bulle en die Leeus kan albei nog na ’n halfeindstryd deurdring.

“Ons het nog altyd goed gedoen wanneer ons onder druk is en ek dink nie daar sal ’n probleem wees nie,” sê hy.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.