Victor Matfield groet met 'n traan

2011-11-27 07:47
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Victor Matfield het beter as dít verdien.

Hy was sy hele loopbaan lank ’n reus onder wêreldrugby se reuse, maar Saterdag was hy magteloos om te keer dat die Wallabies sy Barbarians met 60-11 oorrompel.

Dis nie asof die 34-jarige slot en kaptein van die Baabaas nie sy kant gebring het nie. Inteendeel, hy het duikslag ná duikslag uitgevoer, maar die gebrek aan samespel en swak uitvoering het ’n saamgeflanste span gekelder.

Die Aussies se fasespel was merkbaar beter en hulle het natuurlik die besliste voordeel gehad van spelers wat mekaar goed ken.

Tog het die Wallabies se dissipline hulle in die steek gelaat – die heelagter Adam Ashley-Cooper is in die 13de minuut koelkas toe gestuur vir ’n opsetlike aanslaan en is in die 29ste minuut deur James Slipper gevolg, nadat dié stut hom aan vuilspel skuldig gemaak het.

Dit was gulde geleenthede vir die Baabaas om die punte op te stapel, maar hulle was met rustyd reeds 3-18 agter.

Die uitnodigingspan het ’n goeie oomblik of twee gehad. ’n Voorbeeld was Bryan Habana se puik breekslag ná ’n fop-aangee, maar óók dít het met ’n vorentoe aangee gesneuwel.

Australië se eerste van twee drieë het in die 25ste minuut gekom, toe Digby Ioane deur die Baabaas se swak verdedigingslyn gedans het.

’n Breinfloute deur die All Black-haker Keven Mealamu was net voor rustyd rampspoedig vir die Baabaas.

Die Wallabies het die bal terug gedra en Lachie Turner het danksy nóg ’n fout op die verdediging in die hoekie gaan afrond.

Daar was tussendeur al die eerste helfte se foute ook goeie rugby, veral aan die kant van die Aussies.

Terselfdertyd het die Baabaas dit vir hulle verbasend maklik gemaak.

Die Aussies het in die tweede helfte ses drieë gedruk.

Dit was vir die Barbarians ’n vernedering, maar nié vir hul kaptein nie.

Hy het tot op die laaste kop-en- skouers bo die res uitgetroon.

Al sal hy nooit oor daardie laaste poging tot ’n doelskop wil praat nie!

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.