Vickery sal nie Sesnasies maak
2010-01-08 17:08
Londen - Phil Vickery, voormalige kaptein van die Engelse rugbyspan, sal volgende jaar se Sesnasies-rugbytoernooi misloop.
Vickery moet vir nog agt weke op die kantlyn sit terwyl hy herstel ná 'n nekoperasie verlede jaar.
Dit is onwaarskynlik dat die 33-jarige stut in Martin Johnson se oefengroep vir die toernooi opgeneem sal word.
Johnson, die Engelse spanbestuurder, kondig Woensdag sy span aan.
Engeland se Sesnasies-stryd begin teen Wallis op 6 Februarie. Daarna vat die span Frankryk aan op 20 Maart.
- AFP