Varsity-reeks proefkonyn vir wêreldrugby

2012-01-24 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg. – “Spanne wat nie daarop uit is om drieë te druk nie, gaan nie wen in hierdie kompetisie nie.”

Dít is die vriendelike waarskuwing wat Duitser Bosman, uitvoerende hoof van die Varsitybeker-reeks, gegee het toe die 2012-reeks Maandag by die Blair Atholl-gholflandgoed bekendgestel is.

Bosman het verwys na die nuutste proefneming in dié vindingryke reeks waarvolgens strafdoele voortaan net twee punte werd gaan wees, maar doelskoppe drie.

Die Internasionale Rugbyraad (IRR) het spesiale toestemming aan die Varsitybeker-reeks se organiseerders verleen om dié puntestelsel op die proef te stel en sal self verteenwoordigers na wedstryde stuur om die sukses daarvan te beoordeel vir moontlike gebruik in rugby oor die wêreld.

“Ons bedoeling daarmee is om ’n kultuur van drieë druk in die Varsitybeker-kompetisies te vestig,” het Bosman gesê.

“Uiteindelik gaan rugby oor vermaak, en drieë is vermaaklik.

“Terselfdertyd moet die belang van die stelskopper gerespekteer word en daarom het ons die waarde van doelskoppe vergroot – om spanne ’n ‘bonus’ te gee om voor te mik.”

Vrese dat spanne nou minder sal omgee om strafskoppe af te staan gaan deur strenger skeidsregters in toom gehou word.

Die toevoeging van ’n Jong Turke-kompetisie is nog ’n nuutjie. Dieselfde agt universiteite wat in die Varsitybeker-reeks speel se o.20-spanne sal meeding in dié kompetisie.

Pogings word ook vanjaar aangewend om spelerskuiwe tussen universiteite, gedryf deur geldelike aanbiedings, te halt.

Voortaan sal spelers wat van universiteit verander vir die eerste jaar by sy nuwe universiteit nie Varsitybeker-rugby mag speel nie.

Tweedens sal spelers se akademiese vertonings ook onder die loep wees met die besluit dat spelers in die reeks minstens 30% van hul vakke op universiteit móét slaag om die daaropvolgende jaar weer in die reeks te mag speel.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lees meer oor: varsitybeker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.