Van den Heever terug vir Bulle
2011-09-21 14:34
Johannesburg - Die vleuel Gerhard van Heever is in die Blou Bulle se span vir hul Curriebeker-kragmeting met die Goue Leeus in Johannesburg ingesluit.
Van den Heever vervang die beseerde Akona Ndungane in die beginspan.
Pine Pienaar, die Bulle se breier, het erken dat sy span waarskynlik die Leeus moet wen as hulle 'n kans wil staan om na die uitspeelrondes deur te dring.
"Ons kan nie na ander spanne kyk en hoop dat hulle ons 'n guns bewys nie."
"Ons sal moet vasbyt en die Leeus klop sodat ons beheer het oor ons eie noodlot," het die breier gesê.
Pienaar sal Vrydag 'n finale besluit maak aangaande die beskikbaarheid van Louis Fouche (liesbesering).
As Fouche sy fiksheidstoets slaag sal hy Francois Brummer in die beginspan op losskakel vervang.
Afskoptyd Saterdag is 15:00.
Blou Bulle:
15 Zane Kirchner, 14 Bjorn Basson, 13 Wynand Olivier, 12 Francois Venter, 11 Gerhard van den Heever, 10 Louis Fouche/Francois Brummer, 9 Jano Vermaak, 8 CJ Stander, 7 Jacques Potgieter, 6 Dewald Potgieter, 5 Juandre Kruger, 4 Flip van der Merwe, 3 Werner Kruger, 2 Gary Botha (captain), 1 Dean Greyling
Plaasvervangers: 16 Willie Wepener, 17 Rossouw de Klerk, 18 Gerrit-Jan van Velze, 19 Arno Botha, 20 Dustin Jinka, 21 Francois Brummer/Marnitz Boshoff, 22 Jurgen Visser
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24