Van Heerden keer terug na Leeus
2010-01-18 16:38
Kaapstad - Voormalige Springbok-flank Wikus van Heerden het 'n twee jaar lange kontrak met die Leeus geteken, en sal reg wees om later vanjaar met die Curriebeker-toernooi vir dié span op die veld uit te draf.
Van Heerden, 'n voormalige Leeu-kaptein, het einde 2006 by die Bulle aangesluit, en daarna na die Guinness Premiership-span Saracens geskuif.
"Sedert my tyd by die Leeus het ek gegroei as 'n speler, en ek het baie ondervinding by beide die Bulle en die Saracens opgedoen," het die flank gesê.
"Ek hoop om hierdie ondervinding te kan gebruik om 'n impak te maak as ek later vanjaar by hulle aansluit."
"Met al die veranderinge by die Leeus en al die nuwe aanstellings is dit 'n opwindende en ideale geleentheid vir my om die meeste te maak van wat oor is van my rugbyloopbaan," het hy bygevoeg.
Lees meer by www.supersport.com