Unies verdedig wit spanne

2011-08-14 10:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Rugby-unies is op bestuursvlak getransformeer, maar dit is “moeiliker” om groter verskeidenheid op die speelveld te verseker.

Dit is die reaksie van provinsiale rugbybase nadat Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), verlede week teenoor Rapport sy ontevredenheid uitgespreek het oor sekere spanne wat nog “leliewit” is.

Hoskins het bevestig dat hy ’n maand gelede reeds ’n brief aan provinsiale unies gestuur het waarin hy hulle roskam omdat spanne in vanjaar se Curriebeker-kompetisie, asook in die nasionale o.21- en o.19-reekse, te min gekleurde spelers insluit.

Provinsiale rugbybase het die afgelope week hul transformasie-programme by navraag verdedig.

Herman Abrahams, adjunk- uitvoerende hoof van die Westelike Provinsie, het toegegee: “Daar kort transformasie-strukture.”

Maar hy voeg by: “Ons bestuursposisies is swart en die kritici moet nie net kyk na die vyftien spelers wat uit die tonnel draf nie.”

Daar moet jaarliks teikens vir swart spelers gestel word, sê hy.

“As ons die inname van swart spelers van onder af wyer kan maak, sal meer spelers by die se­nior spanne uitkom.”

Barend van Graan, die Blou Bulle-maatskappy (BBM) se uitvoerende hoof, sê hulle werf net die beste beskikbare talent.

Volgens hom is die transformasie-syfers 21,7% in die o.19-span, 18,2% in die o.21-span, en 18,2% in die senior spanne.

Van Graan sê daar moet in ag geneem word dat hul beste gekleurde spelers nie vir die Curriebeker-kompetisie beskikbaar is nie vanweë diens in die nasionale spanne.

Harold Verster, president van die Vrystaat-rugbyunie, sê transformasie op praktiese vlak vat lank. “Op die direksies is daar mense van kleur.

“Ons het al verskeie swart spelers ontwikkel, net om hulle aan ander unies af te staan.”

Eugene van Wyk, uitvoerende hoof van die Griffons, sê hul getal swart spelers is baie hoog omdat daar swart bestuurslede in besluitnemingsposisies is.

Intussen het bronne binne Saru se komitee vir transformasie en ontwikkeling gesê daar is Woensdag op ’n vergadering kommer uitgespreek oor mislukte transformasie op provinsiale vlak.

Vingers is glo na die noordelike unies gewys.

Die vrees is uitgespreek dat die regering binnekort weer kwotas kan instel omdat daar nie sigbare vordering met transformasie is nie.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het aan Rapport gesê Saru is besig om ’n beleidstuk oor transformasie op te stel. Dit word in oorleg met die departement van sport en ontspanning gedoen.

Die hoop is dat daar deur ’n inklusiewe proses genoeg talentvolle gekleurde spelers geïdentifiseer kan word om in die toekoms op die hoogste vlakke te kan speel.

Makhaya Jack, ’n TV-kommentator en voormalige speler van Saru (die ou gesegregeerde nasionale unie vir bruin spelers), het gesê die minister van sport moet ’n ultimatum aan provinsies stel om te transformeer. Die minister moet strukture afhanklik van Saru skep om transformasie te monitor en evalueer.

Hy sê Suid-Afrikaanse spanne moet minstens 60% swart wees.

“Saru sit op ’n transformasie-handves, maar niks gebeur nie.

“Jy sien goeie swart spelers in die Grant Khomo- en Cravenweek-spanne, maar hulle raak weg in die Vodacom- en Superrugby-reeks, asook in die nasionale spanne.”

Absa, hoofborg van die Springbokke en Saru se nasionale kompetisies, het die afgelope week gesê hul omstrede standpunt verlede jaar – oor gebrekkige rugby-transformasie – “bly onveranderd”.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: sport  |  saru  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.